{ARGIEF}

Slypskool in hermeneutiek:

Kan die Bybel help om die wêreld waarin óns leef, te verstaan? [VBO 12]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Louis Jonker, Jeremy Punt en Nelis Janse van Rensburg
Datum: 4-6 Mei 2010
Plek: Stellenbosch

Tema en doel:
Kerkmense, predikante en Bybel-wetenskaplikes is almal maar té bewus van die uiters belangrike rol wat ‘n mens se hermeneutiese uitgangspunte speel in die wyse waarop die Skrif vandag uitgelê en toe¬gepas word. Mense se hermeneutiese raam¬werk is dikwels allesbepalend vir die stand¬punte wat hulle in kerklike en etiese debatte inneem, en vir die wyse waarop hulle meen die Bybel in samelewingskwessies ‘n rol moet speel.
Die diversiteit van standpunte laat mense dikwels onseker. Hoe moet ons met die Bybel omgaan? Het die Bybel nog seggingskrag vir vandag? Maar mag ons die Bybel ooit toe-eien? En hoe lyk ‘n verantwoordelike en verant¬woordbare hermeneutiek?

Dit is die soort vraagstukke waarmee predi¬kante in die begeleiding van lidmate mee te kampe kry. Hierdie kursus het ten doel om hierdie vraagstukke binne ‘n breër konteks te bespreek ten einde predikante beter toe te rus vir die begeleiding van hierdie hermeneu¬tiese kwessies in hul gemeentelike kontekste.

Inhoud:
Die kursus gaan sy uitgangspunt neem in die soort hermeneutiek wat die Bybel tot stand gebring het. Die totstandkoming van baie literatuur in die Bybel was die gevolg van die her-interpretasie van vroeëre en ouer gods¬diens- en geloofstradisies in nuwe sosio-historiese kontekste. ‘n Tradisie-historiese en resepsie-historiese benadering sal gebruik word om aan te dui hoe die ontwikkeling van die Bybel deur (oa) her-interpretasie plaas¬gevind het.

In ‘n tweede deel van die kursus sal gekyk word hoe hierdie insigte ons kan help in die omgang met die Bybel in moderne same¬lewings- en etiese kwessies. ‘n Aantal ge¬vallestudies uit die praktyk sal gekies word om te bespreek in die lig van hierdie soort hermeneutiese insigte.

Uitkomste:
Deelnemers kan verwag om die volgende uit hierdie kursus te haal:
• Nuwe insig in die wyse waarop die Bybel deur (oa) her-interpretasieprosesse tot stand gekom het;
• Nuwe insigte oor hoe die hermeneutiese uitgangspunte van die Bybel ons herme¬neutiek kan beïnvloed;
• Leiding oor hoe hierdie soort herme¬neutiek in ‘n aantal samelewings- en etiese vraagstukke kan funksioneer;
• Leiding oor hoe lidmate begelei sou kon word in hul interpretasie van die Bybel;
• Leiding oor hoe kursusse in hermeneutiek vir gemeentes aangebied sou kon word.