{ARGIEF}

Poortkursus

[VBO 7]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624 / cmer@sun.ac.za

Stellenbosch: Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 30 Maart 2011

Suid-Kaap: Laai inskrywingsvorm hier af

Sluitingsdatum vir inskrywings: 19 Julie 2011

Aanbieders:    Hugo Bierman & Leon Venter
Datum:    12 – 14 April 2011
Plek:    Mooi hawens by Bettysbaai

Aanbieders:    Vonnie Mostert, Strydom Bruwer & Pierre Goosen
Datum:    1 – 3 Aug 2011
Plek:    Suid-Kaap – Hartenbos

Koste:
R130 vir NGK & VGK predikante van Wes- en Suid-Kaap
R630 vir predikante buite Wes- en Suid-Kaap
R600 ander belangstellendes

Inleiding
Die doel van die poortgesprek is om predikante te help om doelgerig verantwoordelikheid te neem vir hul persoonlike groei in die uitleef van hul roeping in die bediening, deur geleentheid te skep vir selfontdekking, en groter selfbewussyn.

Die poortgesprek se doel is om elke kursusganger geleentheid te gee om bewustelik met sy of haar persoonlike en unieke roepingsverhaal te werk en moontlik tot nuwe selfverstaan of insig te kom. Die kursus is nie ingestel op nuwe inligting of kennis wat oorgedra of aangeleer moet word nie, maar eerder bedoel om reflekterend om te gaan met die individu se persoonlike roeping, God wat ons geroep het, na wie ons geroep is en waarom ons geroep is.
Daar sal baie geleentheid wees om te vertel wat in jou lewe tot dusver gebeur het en hoe jy dink om jou lewe en roeping vorentoe uit te leef. Die poortgesprek wil geleentheid skep waar elke deelnemer nie net kan reflekteer oor sy of haar roeping nie, maar ook kan nadink oor die volgende vyf tot tien jaar in die uitleef van jou roeping.

Daar sal behalwe tyd vir die vertel van jou persoonlike verhaal ook tyd wees vir persoonlike joernaalskryf, refleksie en nadenke.
Die werkboek is verdeel in werksessies, met ruim plek vir persoonlike notas. Gebruik die boek vir persoonlike refleksies, nadenke en leermomente en om beplanning te doen vir die uitleef van jou roeping in die toekoms.
Ons vertrou dat jy die innerlike reis in jou eie en ander se roepingsverhale lonend, uitdagend en ‘n opbouende ervaring sal beleef.

Doelwitte van die poortgesprek

  • Teen die einde van die poortgesprek behoort elke gespreksdeelnemer:
  • Sy of haar eie roepingsverhaal opnuut te vier.
  • ‘n Nuwe waardering vir jou eie roeping te beleef.
  • Nuut te dink oor Wie jou geroep het en waarom.
  • Met nuwe motivering terug te gaan na die mense en gemeente na wie jy geroep is.
  • Groter duidelikheid te hê oor hoe Communitas en Ekklesia se kursusse jou kan help om te groei in die uitleef van jou roeping.
  • Deel te voel van ‘n groep leiers wat dieselfde uitdagings beleef.
  • Opnuut bewus te wees van wie jy is as geestelike leier en waarom jy op die spesifieke plek in jou lewe is.
  • Na te dink oor wat jou verhinder om jou roeping optimaal uit te leef.