{ARGIEF}

Dit is reeds die tweede helfte van Desember en steeds ontvang ek Adventverhale van Hoop. Uit Zambië, Swaziland en van oor die hele Suid-Afrika het die verhale gekom soos duiwe met boodskappe van hoop.  Wat ‘n vreugde om hulle te kon saamstel en oorvertel aan julle. Dit is meestal verhale van klein mense soos ek en jy wat andersins nie gehoor word nie.  Michael Welker sê mos die Gees werk in die lokale konteks, op verskillende maniere sodat een verhaal alleen nie die volle verhaal van die werk van die Gees kan dra nie.  Ek dink die 27 verhale gee ons ‘n voller prentjie van wat die Gees besig is om te doen in ons streek van die wêreld.

Die verhale is almal waar, het regtig gebeur, in 2008 en in Suider Afrika. Om hulle te lees laat ‘n mens met verwondering oor die aktiewe manier waarop die Gees in en deur gemeentes werk.

Ons hou die verhale ‘n rukkie op ons voorblad, dalk is iemand kreatief om iets met hulle te maak wat ‘n mens in die gemeente kan gebruik met groepe? Laat weet sodat ons by mekaar kan leer.  Die verhale behoort aan ons almal.

In Lydenstyd maak ons weer so, dan vertel ons vir mekaar verhale van dissipelskap!! Mag dit ‘n Hoopvolle Kersfees wees vir jou en jou geliefdes.