{ARGIEF}

6de Adventverhaal van Hoop – 5 Desember 2008

Daar is soveel jongmense in Afrika wat nie toegang het tot die basiese mediese dienste nie. Gebed en die diensbaarheid van ‘n mediese span het ‘n seun se been gered.

Hier is by ons ‘n seun wie se been sleg gebreek is en wat toe ’n pen in die been gekry het. Die wond het so septies geraak het dat ons bang was dat hy sy been sou verloor. Hier is nie nooddienste en so-aan vir sulke krissise nie, ons het baie vir hom gebid en gehoop die mediese span sal betyds by hom uitkom.

’n Paar weke gelede kom ’n ouerige vrou na my toe, druk my teen haar vas terwyl sy net oor en oor dankie sê. Eers later verstaan ek dat sy die seun se ouma is en dat sy nie woorde het om dankie te sê vir die mediese span wat Dwaleni besoek het en ook haar kleinseun gehelp het nie. Ek het onlangs die seun in die kerk gesien. Hy loop steeds op krukke, maar dié slag het hy ’n groot glimlag om sy mond!