{ARGIEF}

17de Advent verhaal van Hoop – 16 Desember 2008
Ek het vanjaar ontdek dat die Bybel weer nuut met jou kan praat. Ek het ontdek dat ek vervorm is deur die tipies modernisties lees wat ons dikwels suspisieus oor die Bybel maak. As ek die Bybel só lees, maak baie dinge wat daarin staan nie vir my sin nie.  Maar as jy die Bybel lees met die verwagting om verras te word, gaan ‘n nuwe wêreld oop. Ja, daar gaan die lig vir my opnuut op. God is in die wêreld rondom ons aan die werk deur Sy Seun wat Hy na die wereld gestuur het en open die Gees ons oë om God se werk raak te sien. As jy my vra wat gee my hoop, is dit juis dit. Dat God nie ons omgewing/land gelos het nie, om ook nie van my eie lewe te praat nie. Ek het hoop omdat  ek deur Sy genade Sy werk kan raaksien en daarby kan aansluit.