{ARGIEF}

21ste Adventverhaal van Hoop – 19 Desember 2008
Ons is ‘n voorstedelike gemeente met heelwat arm mense wat swaarkry, maar die wonderlikste diensbaarheid in die Kerstyd openbaar. Ons het jaarliks ‘n Kerssangdiens waar ons kinders almal ‘n pakkie koekies en lekkernye kry.

‘n Oudlidmaat wat nie meer in die gemeente woon nie en baie sieklik is, laat weet dat sy ook koekies gebak het vir die Kersdiens, maar vanweë haar gesondheid en omdat sy nie vervoer het nie kan sy nie kom nie. Ander lidmate met ‘n klein bakkie het haar gaan oplaai; agterop die bakkie gesit sodat sy kon saamry kerktoe. Die diens was vir haar byna meer van waarde as vir die kinders. Vir een keer kon sy bedien en nie net bedien word nie.

Dit is net gemeentes wat die soort genesing vir mense kan gee!