{ARGIEF}

iZiko-Gesprek met Pieter Kloppers en Nico Simpson

Pieter en Nico het koppe en penne bymekaar gesit en ‘n unieke gespreksraamwerk geskep wat jou gaan uitdaag om weer te dink oor waardes en leierskap in die gemeente.

Pieter Kloppers is sy lewe lank besig om sisteme uit te daag. Vir die afgelope aantal jare is hy besig om deur middel van ‘n waardegedrewe benadering transformasie in die koshuise van Stellenbosch te bestuur.  Die resultate het almal se stoutste verwagtings oortref, meeste van almal sy eie. Daar is min mense wat meer ervaring het van hoe leierskap werk wat vanuit ‘n waardesisiteem funksioneer as Pieter.

Nico Spinson is ‘n baie begaafde kunstenaar wat in die kerk bekend is vir sy konseptuele kuns wat al baie van ons gehelp het om teologiese begrippe self beter te verstaan en te kommunikeer. Gaan gerus na www.claripics.com om sy skeppings te geniet.

Pieter en Nico het saam ‘n gesprek ontwerp oor waardes wat jou gaan uitdaag en verfris huis toe stuur met nuwe moed vir jou werk as leier in die gemeente.

Datum:  24 November 2008

Plek: Communitas Stellenvbosch

Tyd: 10h00-15h00

Koste:  R150,00 koffie, middagete en materiaal ingesluit.

Getal: Daar is plek vir 20 gespreksgenote

Inskrywings by Divine 021-8083265 of dr@sun.ac.za