{ARGIEF}

Die Leesrooster-projek het in 1995 ontstaan toe ’n groepie leraars uit die VGK en NGK bymekaar gekom het om saam te werk aan ’n ‘handleiding’ wat lidmate kan help om die preek van Sondag uit te leef in die week. Dit was almal leraars wat besluit het om die teksrooster van die Revised Common Lectionary in hul prediking te volg.
Soos wat die projek uitgebrei – en meer mense belanggestel en saamgewerk het -het ons vir ons waardes geformuleer wat as riglyne kon dien vir die werk wat ons saam doen.
Ons gebruik die RCL (Revised Common Lectionary) omdat ons ons lidmate vastigheid wil gee; ’n vastigheid wat in die tradisie van die kerk en ekumene gewortel is. Lees gerus Bylaag 2 agter in die boek vir ’n stukkie geskiedenis oor die RCL.
* Die ontwikkeling van lidmate, predikante, kleingroepe en gemeentes moet gedien word in die:
– skryf / ontwikkelingsproses;
– die tipe boeke wat ons die lig laat sien;
– die boeke se pryse wat so laag moontlik gehou moet word.
– Daar is kopiereg op die konsep van die projek, maar nie op die boeke nie.
– Gemeentes mag kopieë maak vir hulle afkondigingsblad.
* Lees die Bybel binne die ritme van die Kerkjaar-seisoene.
* Hierdie is ’n diensprojek. Medewerkers word daarom nie vergoed vir hulle diens nie.
* Omdat die projek gerig is op bemagtiging van lidmate, predikante, kleingroepe en gemeentes is dit ’n informele proses wat nie formeel gekoppel is aan ’n kerklike kommissie nie.
* Ons doel met hierdie projek is om die vereniging van die NG Kerk, VG Kerk, RCA en NGKA te bevorder. Die Belydenis van Belhar vorm deel van ons belydenisgrondslag. Sien Bylaag 4 agter in die boek vir geskiedenis en raamwerke van die Gereformeerde Belydenisskrifte.