{ARGIEF}

Die Iziko-diensleweringsprotokol aan gemeentes – assessering, kontraktering, dienslewering en refleksie

Om as verskillende netwerklede dienste aan gemeentes op ’n gesinkroniseerde wyse te lewer is dit nodig om ooreen te kom tov ’n diensleweringsprotokol.  Ons noem dit die Iziko-diensleweringsprotokol omdat dit kommunikeer dat ons saam met gemeentes roepingsontdekking doen en meewerk aan die ontsluiting van die gawes in die gemeente.

Iziko is ’n ruimte van gesprek en besinning van gelykes wat saam in die geloof onderskei.  By die Iziko is die vertel van verhale of die luister na getuienisse belangrik, dit is hier waar ons mekaar versorg en inspireer en herinner aan ons identiteit in Christus.

Communitas het ’n Iziko-komitee wat verantwoordelik is vir die uitvoering van die Iziko-diensleweringsprotokol.  Die volgende is besig om na vore te kom as ’n werkbare stelsel:

  • Aanmeldings van gemeentes by Communitas-lede word by Iziko  ge-asseseer deur netwerklede
  • & ’n Diensleweringsplan word ontwikkel en netwerklede word dienooreenkomstig gekontrakteer om dienste te lewer in en aan gemeentes
  • & Die dienslewering-geskiedenis word vasgelê op die databasis deur netwerklede, sodat die diensleweringsgeskiedenis deurlopend beskikbaar is aan alle netwerklede.
  • & Gereelde terugvoer word by die Iziko gegee vir verdere assesering 
  • & Communitas bring op ’n gereelde basis verslae uit oor die ontwikkelinge by gemeentes.