{ARGIEF}

Borgman, Paul . The Way according to Luke: Hearing the Whole Story of Luke-Acts.Borgman, Paul . The
Way according to Luke: Hearing the Whole Story of Luke-Acts.  2006.  Eerdmans.

Borgman, `n professor in Engelse literatuur
by Gordon College
in Massachusetts,
is oortuig daarvan dat ons baie verloor as ons die twee boeke van Lukas (dit is
die Evangelie en Handelinge) nie saam lees en verstaan nie.  Hy meen dat die boeke geskryf was nie in die
eerste plek vir privaatlees (soos wat ons dit nou gebruik nie) nie, maar vir
hardop lees en gehoor word.

Hy het `n interessante teorie oor die
literêre struktuur van die boeke wat klem lê op `n gelowige hoor van die
boodskap van die evangelie (Maria en Sagaria funksioneer in die begin van die
boek as die twee tipes van geloof en ongeloof), `n sterk strewe na redding of
verlossing en die evangelie as die enigste weg na die vrede waarna die Jode van
sy tyd gesoek het.

In die loop van die 400p van die boek neem
Borgman ons deur die perikope van beide die boeke om sy lyn van denke toe te
lig.  Die boek kan ook as `n soort kommentaar gebruik word.