{ARGIEF}

Brownson, J.V. The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the Reformed Tradition.Brownson,
J.V. The Promise of Baptism: An Introduction to Baptism in Scripture and the
Reformed Tradition.  Eerdmans.  2007.

In `n tyd waarin ons weer baie gesprekke en
woelinge rondom die Christelike Doop het is ek oneindig dankbaar vir die
verskyning van hierdie uitstekende boek en wil ek dit met groot vrymoedigheid
aanbeveel vir studie en gesprek in gemeentes.

 

James Brownson in `n gerespekteer Nuwe
Testamentikus van gereformeerde belydenis (hy gee klas by die RCA Seminarie in Holland, Michigan).  Maar Brownson is meer: hy is ook `n teoloog
en gelowige wat met patos en oortuiging oor die evangelie en die bediening kan skryf.  Hy is deel van die GOCN-werkgroep en het al
verskeie bydrae vir van hulle publikasie gelewer – altyd van hoogstaande
gehalte.

 

In die boek probeer Brownson op `n Bybels
en teologies-verantwoorde wyse (vgl die subtitel) al die groot vrae oor die
doop aansny en beantwoord hy dit so goed en verstaan as wat ek al teëgekom
het.  Die direkte vraag en antwoord
metode is letterlik die formaat wat Brownson hier kies om in te werk.  In die loop van die 200 + paginas van die
boek stel hy dertig vrae oor die Doop aan die orde probeer hulle dan een na die
ander beantwoord. 

 

Die vrae en antwoorde is ingedeel in ses
afdelings:

·        
Basiese, eerste vrae (wat
uitklaring gee oor begrippe soos Christenwees, kerk, lidmaatskap, sakrament,
ens)

·        
Die kernbetekenisse van die
Doop (aan die hand van die belangrikste NT tekste)

·        
Vrae oor die verband tussen
doop, geloof en redding;

·        
Hoekom ons in ons kerk kinders
doop – die basies argument

·        
Verdere vrae rondom die kinderdoop

·        
Pastorale besluit rondom die
Doop