{ARGIEF}

Burke, T.R. Adopted into God’s Family: Exploring a Pauline metaphorBurke,
T.R. Adopted into God’s Family: Exploring a Pauline metaphor. Apollos. 2006.

Hierdie studie van Burke – `n verkorte
weergawe van sy doktorale werk – is die twee en twintigste volume in die
IVP-reeks New Studies in Biblical
Theology
.  Dat D A Carson die
eindredakteur van die reeks is, sê reeds vir ons dat hier met redelik
behoudende navorsing te doen het. 

 

Burke se studie het te doen met die
Pauliniese uitdrukking “aanneming tot kinders”. 
In die verlossingsleer speel die term kindskap `n redelike groot
rol.  Paulus bring die verdere
kwalifikasie by dat ons nie van nature kinders van God is nie, maar op grond
van die soenverdienste van Christus as kinders aangeneem is deur God. 

 

Burke het gaan kyk na die detail van die
vyf tekste by Paulus waarin ons die metafoor aantref.  Deur nuwe interpretasies van aanneming in die
kultuur van destyds na te gaan, maar veral deur die teologiese verband tussen
aanneming en elk van die Drie Persone in die Triniteit na te gaan, kom Burke
tot die konklusie dat vele studies van die betekenis van die metafoor nie die
rykdom daarvan besef het nie. 

 

`n Baie goeie boek met `n sterk pastorale
boodskap.