{ARGIEF}

Spiritual Disciplines Handbook - Adele Calhoun

Adele Calhoun, die pastor vir geestelike formasie by Christ Church in Oak Brook, Illinois, ontwikkel hulpmiddels vir gemeentes wat op ‘n “transformational journey with God” wil gaan. Sy help mense: “to make space in their lives for God.”

Haar sentrale tese is dat die begeerte na transformasie nie uit die lug val nie.  Die begeerte na meer in ‘n mens se geestelike lewe is ‘n getuienis dat God alreeds aan die werk is in iemand se lewe.  Daarom gebruik sy die eeue-lange verbintenis van geestelike dissiplines aan hierdie begeerte na meer om ‘n baie innoverende hulpmiddel vir geestelike groei te skep. 

Twee voorbeelde (bl 11-13):

  • Die behoefte: “to be a safe person who offers others the grace, shelter and presence of Jesus” word verbind aan die dissipline “Hospitality”.
  • Die behoefte: “to set apart one day a week for rest and worship of God” word verbind aan die dissipline “Sabbath”.

Die beoefening van hierdie geestelike dissiplines gee ‘n ruimte vir God om lewens te transformeer.

Anders as Richard Foster (inward, outward, corporate) en Dallas Willard (engagement, abstinence) organiseer Adele die geestelike dissiplines in ‘n katalogus van 7 kategorieë aan die hand van die akroniem WORSHIP:

  • Worship God
  • Open myself to God
  • Relinquish the false self and idols of my heart
  • Share my life with others
  • Hear the word of God
  • Incarnate Christ’s love for the world
  • Pray to God

Die Spiritual Disciplines Handbook is egter nie ‘n boek om van hoek tot kant deur te lees nie.  Adele wil eerder hê mense moet die begeerte na meer in hulle lewens verbind aan een van die 62 geestelike dissiplines in haar katalogus en dié dissipline begin beoefen.

Elkeen van die 62 dissiplines (hoofstukke in die boek) word gegroepeer in die katalogus van 7 “worship” kategorieë (dele in die boek) en elkeen individueel in ‘n vier of vyf bladsye as volg beskryf:

  1. ‘n Kort Oorsig wat die volgende in tabelvorm bevat: die behoefte; ‘n definisie daarvan; ‘n paar Skrifgedeeltes daaroor; die gewoontes wat vir die dissipline, wat daarmee verbind word, gebruik kan word; die God-gegewe vrug wat verwag kan word – (die oorsig help jou om ‘n dissipline te kies om te beoefen).
  2. Die Oefening self: ‘n inset oor die dissipline en die behoefte waarvoor dit geskik is; ‘n aantal vrae vir refleksie daaroor, hetsy persoonlik of in ‘n groep; ‘n aantal geestelike oefeninge vir die beoefening van die dissipline; ‘n aantal verdere hulpbronne wat geraadpleeg kan word.

Sy stel daarom voor dat ‘n mens op reis gaan met die katalogus van behoeftes en dissiplines as vertrekpunt. 

  • Jy begin deur ongeveer 20 minute vir ‘n sessie opsy te sit vir die beoefening van ‘n dissipline. 
  • Jy oorweeg die katalogus (worship) en kies ‘n kategorie wat met jou resoneer en lees die 1 bladsy inleiding daaroor. 
  • Jy blaai dan deur die dissiplines in dié kategorie (tussen 4 en 14 [gebed]), kyk onder andere na die beskrywing van die behoeftes en die vrug wat die dissiplines kan lewer, en kies dan een van die dissiplines, wat jou lewe tans die beste pas, om te beoefen. 
  • Jy blaai dan na die hoofstuk oor die dissipline en volg die voorstelle. 
  • Indien ‘n mens die reis saam met ‘n groep onderneem, kom julle weekliks bymekaar en deel met mekaar wat met jou beoefening van die dissiplines gebeur het en wat dit vir jou beteken (Vgl bylae 4 – formaat vir kleingroepbyeenkomste).

Aanhalings wat haar diep begrip illustreer vir wat geestelike transformasie behels:

  • “Wanting to work with and watch Jesus is where transformation begins.” (16)
  • “The simple truth is that wanting to keep company with Jesus has a staying power that ‘shoulds’ and ‘oughts’ seldom have.” (16)
  • “… hidden in our desperations and desires is an appetite for the Lord and Giver of life.” (16)
  • “Jesus never attempts to shut down people’s longings; nor does he ask people to transcend their longings as some religions do.” (16)
  • “Jesus knew human desire to be an incurable black hole of opportunity.” (16)
  • “Jesus doesn’t grant requests like a genie in a bottle.  He works with people, allowing their desires to draw him into the core conversations of life.” (16)
  • “Disciplines done for the wrong reasons actually sabotage transformation and numb us toward God and the truth.” (18)
  • “Spiritual disciplines give the Holy Spirit space to brood over our souls.” (19)
  • “We bring our ache for change … Then we keep company with Jesus by making space for him through a spiritual discipline.” (19)
  • “We are to learn them in relationships.” (21)

InterVarsity Press: Downers Grove, Illinois. 292 bladsye.  ISBN-10: 0830833307 – ISBN-13: 978-0830833306. 

Webtuiste:  www.thetransformingcenter.org

Alfabetiese lys van dissiplines

Dissiplines gesorteer volgens WORSHIP akroniem