{ARGIEF}

Cavanaugh, William, T. Being Consumed: Economics en Christian Desire.Cavanaugh, William, T. Being
Consumed: Economics en Christian Desire. 2008.  Eerdmans.

Daar verskyn alhoemeer boeke wat krities
kyk na die manier waarop die Westerse Kerk en Christene ingekoop het in die
Weste se vryemark-denke en verbruikersingesteldheid.  Hierdie boek bevat vier opstelle waarin
Cavanaugh kyk na vier temas rondom die Westerse ekonomiese denke nl
vryemark-denke, die verbruikersingesteldheid, globalisasie en die idée van
skaarste. 

In elke hoofstuk verduidelik hy eers konsep
en die gangbare ekonomiese denke daaroor. 
Daarna kyk hy na probleme en kompleksiteite wat deur die praktyk
veroorsaak word en uiteindelik stel hy `n paar kritiese vrae vanuit die
Christelike tradisie.