{ARGIEF}

Chatham, J. Creation to Revelation: A Brief Account of the Biblical Story.Chatham,
J. Creation to Revelation: A Brief Account of the Biblical Story. Eerdmans
2006.

Chatham is `n Presbiteriaanse predikant wat bekendheid verwerf het vir die
ontwerp van `n 26-weke kursus oor die totaal boodskap van die Bybel.  Hy het die kursus menigmaal aangebied op vele
plekke oa vir bykans dertig jaar by die jaarlikse Herfskool van Louisville
Presbiterian Theological Seminary. 

 

Hy volg die breë lyn van die Ou en Nuwe
Testament maar vertel ook die heilsverhaal van God se bemoeienis met Israel, met
Christus en daarna met die kerk van die Nuwe Testament.  Aan die einde van elke hoofstuk is daar vrae
en idees vir verdere gesprek.

Chatham se krag lê in die wyse waarop hy `n
goeie teologiese verstaan van dieBybel en van die heil in Christus op `n
onderhoudende en relevante wyse aangebied kry.

 

Die gedagte van die boek is om lidmate wat
besef dat hulle die Bybel beter moet leer ken, te help om dit in `n jaar se tyd
te doen.  Die ses en twintig lesings word
elke veertien dae aangebied met die gedagte dat mense daagliks bybelgedeeltes
by lees.

 

Ek hoop dat `n hele klomp predikante
hierdie boek van Chatham gaan koop en dat dit die basis kan word van meer Bybelskole of
Bybel-leergroepe in ons gemeentes.