{ARGIEF}

Maar hoe lyk ‘n geestelike leier?
Is daar ‘n verskil tussen Leierskap en Geestelike Leierskap?

In Christenleiers word nagenoeg twintig eienskappe van geestelike leierskap deur verskeie kenners ontgin.  Geestelike leiers is nie beter as ander mense nie, maar weet onwrikbaar dat God in sy groot onverklaarbare genade sy hand op hulle skouers kom plaas het.  Vanuit hierdie unieke eienskap wat by geestelike leiers voorkom, word gefokus op die sentrale temas wat vandag nodig is in die mondering van elke geestelike leier.

Christenleiers is ‘n boek wat elkeen wat deur God geroep word om ‘n geestelike leiersrol te vervul, sal help om God se mense na plekke te neem waar hulle nog nie was nie – die nuwe uitdagings en werklikhede van ons dag.

Meer oor die redakteurs :

Dr. Jannie le Roux is predikant van die NG gemeente Gordonsbaai.  Op sinodale vlak is hy betrokke by predikantebediening en het ‘n passie vir leierskapontwikkeling en die versorging van predikante en ander geestelike leiers.  Hy is ‘n ervare skrywer van talle geestelike boeke.

Dr. Braam Hanekom is leraar van die NG gemeente Stellenberg en baie nou betrokke by leierskapontwikkeling en gemeente-ontwikkeling op sinodale vlak.  Hy is tans die moderator van die Sinode van Wes- en Suid-Kaapland van die NG Kerk. Hy is die skrywer van verskeie boeke oor leierskap.

(Bybelmedia, Eerste druk 2008)