{ARGIEF}

Ferguson, S B.  The Holy Spirit.Ferguson, S B.  The Holy Spirit.  IVP. 
1996.

 

Hierdie boek van Ferguson is deel van IVP se behoudende
dogmatiekreeks wat onder die reekstitel Contours
of Christian Theology
verskyn.  Ferguson is `n Gereformeerde teoloog wat vir baie jare by
die wegbreek-seminarie Westminster Theological Seminary in Philadelphia klasgegee het. 

 

Hoewel Ferguson baie behoudend is, is hy `n
gerespekteerde teoloog wat probeer om reg te laat geskied aan die Skrif en die
geskiedenis van die teologie.  Hy sê in
die voorwoord dat sy eie teologie – en by name sy denke oor die Heilige Gees –
baie sterk gevorm is deur die Puritein, John Owen, destyds rektor van Oxford,
Abraham Kuyper en H B Swete.

 

`n Mens kry in die boek alles wat jy sou
verwag van `n behoudende Gereformeerde teoloog oa die sterk band met Christus,
die klem op orde en `n bietjie huiwering vir die Charismatiese Beweging se
kritiek op die sg Streep-teologie.  Tog
is daar meer.  Ferguson doen baie moeite met die Skrif, en
het mooi hoofstukke oor die Spiritus Recreator en die Gees van Heiligheid.  Hy het ook `n goeie hoofstuk oor die kosmiese
werk van die Gees. 

 

Wat teleurstellend was, is die enkele
hoofstuk oor die kerk – bykans die kortste in die boek.  Hy volg die ou patroon van vroeëre
gereformeerdes wat veel meer aandag gee aan die werk van die Gees in die lewens
van individue as aan die werk van die Gees in en deur die kerk. 

 

Nietemin `n goeie boek deur `n teoloog wat
graag getrou wil bly aan die Skirf en die gereformeerde tradisie.