{ARGIEF}

Fitzmyer, Joseph, A. The One who is to come. Fitzmyer, Joseph, A. The
One who is to come. 
2007.  Eerdmans.

Die term “Messias” het in die Christelike
teologie en kerk `n veel meer gelade en uitgebreide betekenis gekry as wat dit
oorsproknlik in die Ou Testament gehad het. 
Dit het `n “rubber band comprehension” gekry en word gebruik as `n
koepel term om ook bv die “Seun van die Mens”- en “Kneg van die Here”-uitsprake
van OT (waar die term Messias nie gebruik word nie) te inkorporeer.

Sonder om die teologiese geldigheid hiervan
te ontken meen Fitzmyer dat dit almal kan help as die Ou Testament tekste wat
gebruik word as stawing van die wyer Messiase teologie net weer bekyk
word.  `n Groot deel van die waarde van
die boek lê waarskynlik in Fitzmyer se helder uitleg van die klassiek-messiaanse
tekste, asook van die ander tekste wat messiaans verstaan sou kon word.  Hy het ook aparte hoofstukke oor die
Septuagint, latere Joodse geskrifte en oor die NT se gebruik van die term
“messias”.