{ARGIEF}

Follow Me. What’s Next for you? is die opvolg van Reveal – Where are you? deur dieselfde skrywers, Greg Hawkins en Cally Parkinson.  (Lees die volledige opsomming hierFollow Me - What's next for you?

Dit bevat navorsing van 200 gemeentes, en 80 000 mense, en brei uit oor die katalisators van geestelike groei, wat mense van gemeentes en leiers verwag, die 2 hindernisse (op die voorblad sê hulle 6, maar dit verskil van dít wat die hoofstuk self daaroor sê!) wat mense laat stagneer in hulle geestelike groei en die 3 veranderinge wat Willow tans in hulle bediening maak. 

In ‘n volgende fase is 500 gemeentes en 157 000 mense betrek, waaroor daar seker nog ‘n boek in die vooruitsig gestel word.

VOORSKOU

Johannes 12:26a struktureer dié refleksie oor die navorsing: “As iemand My wil dien (my dissipel wil wees), moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal My dienaar ook wees.”
Dit kan opgesom word in twee woorde: VOLG MY, die titel van die boek.

Na ‘n voorwoord van John Ortberg word In ses hoofstukke die volgende insette gemaak:

Hoofstuk 1: Follow the Leader – fokus op wat mense van die kerk en sy leiers verwag;

Gelowiges verwag transformasie en wil die vertroue hê dat die kerk en sy leiers hulle daarmee sal help.

Een van die sleutel verwagtings van gelowiges wat uit die navorsing gekom het, was: “Challenge me to grow and take the next step in my spiritual life.” Reveal/Follow Me werk met die “vision gap” tussen 1) waar mense nou is (werklikheid) en 2) waar hulle graag wil wees (visie) op voetspoor van Peter Senge (Fifth Discipline) se navorsing.  Sy tese is dat die gaping tussen werklikheid en visie ‘n “creative tension” veroorsaak wat as sodanig die energie voorsien om die gaping te oorbrug.  Dit is soos ‘n rubberband wat jou vorentoe trek.

Vir verandering om te gebeur, moet die kerk ‘n werkbare plan voorsien om die gaping te oorbrug. 

En dit is die hooffokus van die Follow Me refleksie as opvolg van Reveal:

  • om te verstaan hoe werklike mense prakties te werk gaan om die geestelike gapings in hulle lewens te oorbrug, sodat die kerk werkbare planne daarvoor kan voorsien.

Die kerk moet dus die gapings in geestelike groei identifiseer en spesifieke stappe aanbied sodat mense die gapings in hulle geestelike groei kan oorbrug.  Uiteraard wil hulle nie ‘n honderd stappe gee nie, maar net die eerste 3 of 4 om ‘n beweging te begin om die gaping te oorbrug.

Leiers moet dus die rol van geestelike breiers inneem om mense te help met die werklikheid (waar is ek?) en die visie (waar wil ek wees?) om hulle eie gapings te kan identifiseer.


 

Hoofstuk 2: The Catalysts of Spiritual Growth – fokus op kern oortuigings en aktiwiteite wat geestelike groei inspireer

Willow se “working definition of spiritual growth” is: “An increasing love for God and for other people” geformuleer uit Jesus se samevatting van die wet in Matteus 22:37-39.

Om agter te kom waar hulle mense op die geestelike groei kontinuum is, het hulle vrae gebruik wat gebaseer is op die Christian Life Profile Assessment Tool.  Dit is ontwikkel uit die navorsing van Randy Frazee, senior pastor van Oak Hills Community Church in San Antonia, Texas. Die meetinstrument is getoets en verfyn deur baie forums in Amerika, bv. The Spiritual State of the Union, ‘n voortgaande barometer van die “geestelike temperatuur” van Amerika, en geborg deur die Universiteit van Pennsylvania en die Gallup Organisasie.  Dallas Willard, J.I. Packer en Larry Crabb is van die eksperte wat hierin saamgewerk het.  Dit sluit vrae in oor die redding uit genade, die Triniteit, ‘n persoonlike God, die prioriteit van Christus, die outoriteit van die Bybel, gelowiges se identiteit in Christus en rentmeesterskap.

KATALISATORS
In hulle ondersoek van 200 kerke en 80 000 mense is vier kategorieë van geestelike katalisators gevind wat mense help om van een fase van geestelike groei na die volgende te beweeg.  Die vier kategorieë is afgelei uit die meting van die impak van meer as vyftig faktore op geestelike groei.
Die vier katalisators is:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander

In die bespreking van dié katalisators fokus hulle op drie bewegings wat mense van een segment na ‘n volgende laat beweeg:

  1. Beweging Een: die vroegste fase van geestelike groei (Ontdekker na Beginner) – veral die aanvaarding van Jesus as die enigste weg tot saligheid (laerskool).
  2. Beweging Twee: die intermediêre fase van geestelike groei (Beginner na Groeiende) – veral waar mense begin om meer aktief in hulle persoonlike geestelike ervarings te word (hoërskool).
  3. Beweging Drie – die meer gevorderde fase van geestelike groei (Groeiende na Christus-gesentreerde) – veral waar mense begin skuif van ‘n daaglikse bewussyn van Christus se teenwoordigheid en betrokkenheid na ‘n herdefinisie van ‘n persoon se identiteit as Christus-gesentreerd (universiteit).

Hoofstuk 3: The Spiritual Growth Learning Curve – fokus op die kern drywers van geestelike groei;

In die hoofstuk word na die katalisators gekyk vanuit ‘n vertikale benadering, om agter te kom watter katalisators is die mees betekenisvolle, en die mees voorspelbare (predictive) vir elke geestelike beweging. Hulle gebruik die voorbeeld van rangorde in roomys geure: vanilla is die gewildste, sjokolade die tweede gewildste.  Maar belangrik: vanilla is twee keer meer gewild as sjokolade.  Willow soek dus na die “vanilla-faktor”.


 

BEWEGING 1: ALLES GAAN OOR DIE BASIESE DINGE (FUNDAMENTALS)

Twee sleutel insigte:

  • Basiese oortuigings is krities belangrik: Triniteit, Persoonlike God, Redding uit genade alleen, Gesag van die Bybel.
  • Kerklike aktiwiteite verskaf ‘n platform vir geestelike groei – naweek eredienste, diensgeleenthede in die kerk, kleingroepe

Die top vyf geestelike katalisators in beweging 1: redding uit genade alleen, Triniteit, diensgeleenthede in die kerk, gebed om leiding, refleksie oor die Bybel (in rangorde geplaas)

BEWEGING 2: OEFENING, OEFENING, OEFENING

  • Die dominante krag wat hierdie geestelike beweging aandryf is die inoefening van geestelike dissiplines wat ‘n aktiewe persoonlik en intieme verhouding met Christus voed.
  • Geloof skuif van passief na aktief.
  • Persoonlike geestelike praktyke raak deel van die lewe – NB dit is toenemend ‘n twee-rigting verhouding, nie net praat met God nie, maar luister en veral die ervaring van gebedsverhoring.  Daarby is dit nie net die blote lees van die Bybel wat belangrik is nie, maar die reflekterende, kontemplatiewe en veral transformerende lees van die Bybel (‘n lees wat ‘n mens se denke en lewe verander).

Die top vyf geestelike katalisators in beweging 2: Persoonlike God, gebed om leiding, refleksie oor die Bybel, stilte, evangelisasie (in rangorde geplaas).
Mense in dié fase van geestelike groei verwelkom: Bybelstudies, kursusse oor geestelike temas, retraites (as boublokke in hulle geestelike groei).

BEWEGING 3: “IN THE ZONE”

Hier gebruik hulle die gesegde oor Michael Jordan van die Chicago Bulls wat byna nooit ‘n skoot gemis he
t as hy  in die “zone” was nie.  Dit gaan hier oor die “sweet spot” waar die fokus op basiese dinge en die inoefening daarvan begin vrugte lewer.

  • Mense in hierdie fase neem verantwoordelikheid vir hulle eie geestelike groei en maak nie staat op eksterne invloede vir hulle eie geestelike motivering en rigting nie.
  • NB – geestelike groei is in dié fase die grootste, anders as wat die algemene idee is, dat mense in die eerste fase die meeste groei en dat dit daarna afplat.
  • “Giving away my life” is die katalisator houding in dié fase, ook genoem ‘n tyd van geestelike vrygewigheid.  Dit het te make met tyd, geld, geloof en lewe.
  • Hierdie segment het die hoogste vlakke van diens, evangelisasie en dankoffers.

Die top vyf geestelike katalisators in beweging 3: om my lewe weg te gee, Christus is eerste, Identiteit in Christus, gesag van die Bybel, refleksie oor die Bybel (in rangorde geplaas).

Die eerste faktor, om my lewe weg te gee, is ‘n vanilla faktor, dit is twee keer meer voorspelbaar as die ander vier faktore.  Die tweede faktor, Christus is eerste, is soos sjokolade roomys, dit word baie hoër as die ander drie faktore geëvalueer.

Hierdie mense het min nodig van die kerk om te groei.  Wat hulle nodig het, is vir die kerk om hulle “die bal te gee”, in Michael Jordan idioom.  In terme van die bekende Pareto beginsel, 80 persent van die bronne moet vir hierdie 20 persent van Christus-gesentreerde mense benut word.
Om dit eenvoudig te stel:
Alle gelowiges word beïnvloed deur die vier katalisators:

  1. Geestelike oortuigings en houdings
  2. Georganiseerde kerklike aktiwiteite
  3. Persoonlike geestelike praktyke
  4. Geestelike aktiwiteite saam met ander
  • Die eerste beweging gaan oor basiese Christelike oortuigings.
  • Die tweede beweging gaan oor persoonlike geestelike praktyke.
  • Die derde beweging gaan oor geestelike uitreik aktiwiteite.

Hoofstuk 4: The barriers to spiritual growth – fokus op twee struikelblokke in geestelike vordering, stagnasie en ontevredenheid;

Hoofstuk 5: Two breakthrough discoveries – fokus op die twee hoof bevindings van hulle ondersoek van 200 gemeentes, die enorme kapasiteit van Christus-gesentreerde mense om ‘n groter koninkryk impak te hê, en die Bybel as die kragtigste katalisator vir geestelike groei;

Hoofstuk 6: Changes at Willow – fokus op die vordering van inkrementele verbeterings na ‘n heroorweging van hulle kern strategie, met ‘n afsluitende woord van Bill Hybels.

Daar is 4 bylaes: 1) die Reveal? projek, 2) die navorsingsbenadering en metodologie, 3) die kerke se geografiese ligging, grootte, denominasie en erediens style wat aan die ondersoek deelgeneem het, en 4) die Spiritual Life Survey en wat dit aan gemeentes bied.

(Lees die volledige opsomming hier