{ARGIEF}

Gathercole, Simon. The Pre-Existant Son: Recovering the Christologies of Matthew, Mark and John. Gathercole, Simon.

The Pre-Existent Son: Recovering the Christologies
of Matthew, Mark and John. 
2006. Eerdmans.  344p

Soos `n mens uit die titel kan aflei wil Gathercole
met die boek deelneem aan die moeilike debat oor die pre-eksistensie van
Christus.  Terwyl daar vir jare aanvaar
is dat die Sinoptiese Evangelies eintlik geen bydrae of mening oor die
spesifieke gesprek het nie, wil Gathercole die teendeel aanvoer. Hy meen dat
daar wel in oa die “ek het gekom” uitsprake van Jesus (hoofstuk 3-7), die
wysheidschristologie (hoofstuk 8-9) en in van die christologiese titels (hoofstuk
10-13) implisiete verwysing na Christus se pre-eksistensie te vinde is.

`n Meer gespesialiseerde en tegniese studie.