{ARGIEF}

 

Die vraag word baie gesvra of gestuurde gemeentes sending projekte in die buiteland vernietig?  

  • Die antwoord is nee, want die gestuurde visie is ‘n geloofsonderskeidende proses waarin gemeentes ontdek waarheen stuur die Here die gemeente.  Dit sal verbasend wees indien God nie gemeentes ook na die buiteland stuur nie. Een van ons Vennote in die VSA het ‘n slagspreuk ontwikkel wat se:  In ons huise, oorkant die straat rondom die Wereld. Wat ons wel moet verstaan is dat baie van ons betrokkenheid by Sending in die gelede ontstaan het vanuit die Christendom paradigma wat veronderstel dat ons gemeenskap christelik is en dat die terrein van sendingwerk elders, lees oorsee behoort te wees. (sien die artikel oor die boek van Douglas Hall)

  • Ons is reeds betrokke by sendelinge in die sendingveld en het daarom nie die Vennootskap nodig nie.  Die vennootskap sal gemeentes aanmoedig om verder te gaan as die ondersteuning van ‘n sendeling of sendingwerkers want dan bly ons die sturende gemeente wat ander stuur terwyl ons self nie ons roeping uitleef nie.  Elkeen in die gemeente is ‘n gestuurde soos wat die Here die dissipels uitgestuur het in bv Lukas 10. Belangriker is dat gestuurdes geroep word om in ‘n verhouding te wees met die  mense na wie die Here hulle stuur.  Ons tradisionele manier om mense te stuur wat namens ons gaan, probeer ons deurbreek.

  • Ons het reeds verbintenisse met mense in die sendingveld ons kan dit nie sommer los nie.   Dit sal ook nie van ‘n gemeente verwag word nie.  Die gemeente sal deur ‘n proses van geloofsonderskeiding self bepaal na wie die Here hulle stuur.  Dit mag wees dat die gemeente in die proses ontdek dat die Here hulle stuur na ‘n nuwe “sendingveld” wat in die post-christendom tyd in hulle eie gemeenskap ontstaan het. In die proses help ons gemeentes om fokus te ontwikkel waar ons wegbeweeg van ons moet alles vir almal wees.

Hoe verskil ‘n sturende gemeente(gemeente met uitreik-aksies en sendingondersteuning) van gestuurde gemeentes?

  • Gemeentes met uitreik-aksies en sendingondersteuning sien gewoonlik hierdie aktiwiteite as dinge wat hulle naas hulle gewone gemeentewerk doen.  Soos wat ons uitreike het, is daar ook ander werk soos met die jeug en bejaardes.  Gestuurde gemeentes ontdek dat alles wat hulle doen te make het met hulle gestuurde visie. Uitreik is nie iets wat ons naas ander aktiwiteite ook doen nie, maar al wat ons die hele tyd doen.

  • Wat is die mees konkrete verskil tussen ‘n sturende gemeente en ‘n gestuurde gemeente?

‘n Sturende gemeente stuur iemand uit die gemeente of ‘n sendeling om namens hulle die sendingwerk te gaan doen.  In ‘n gestuurde gemeente word die hele gemeente en die totale bediening betrokke by die mense na wie die Here hulle stuur om verhoudings te bou met daardie mense sodat die gemeente saam met hierdie mense ‘n nuwe geloofsgemeenskap kan vorm.