{ARGIEF}

Goetz, Stewart and Charles Taliaferro. Naturalism.Goetz, Stewart and Charles Taliaferro. Naturalism. 
2008.  Eerdmans.

Hierdie publikasie is deel van `n reeks
onder die naam Interventions en is `n
produk van die Center of Theology and
Philosophy
aan die Universiteit van Nottingham.  Die direkteur van die sentrum is die bekende
John Milbank, leier van die Radical
Orthodoxy Beweging
, en een van die skerpste apologete van die Christelike
geloof tans. Die reeks Interventions
wil die nihilistiese denke van ons tyd met sy reduktionistiese en anti-teïstiese
trekke op rasionele vlak probeer aanvat.

In hierdie publikasie word krities gekyk na
die denkrigting wat algemeen bekend staan as Naturalisme – volgens die outeurs
waarskynlik die mees wyd-verbreide filosofiese denkrigting van ons tyd. `n Kort
definisie van Naturalisme lui dat “alles wat bestaan deel is van die natuur en
dat daar geen werklikheid bestaan naas of buite die natuur nie”.

Hulle kyk eers na wat hulle noem “strict
naturalism” en kyk daarna na `n hele paar aangepaste vorms daarvan.

Hulle manier van werk is dat hulle swakhede
en inkonsekwenthede in die denkpatrone van hierdie filofowe probeer uitwys.
Hulle gaan veral in op die antiteïstiese trekke van hulle denke en wys op die onhoudbaarheid
daarvan.

`n Belangrike boek.