{ARGIEF}

Identiteit word duidelik in dialoog.

Frederick Marais

Kruisgewys 2001

‘n Mens loop altyd die risiko om mense te verveel as jy oor identiteit wil praat, om nog ‘n tweede artikel daaroor te skryf loop ‘n nog groter risiko.  Aan die ander kant sal daar seker nog vir ‘n lang tyd in gemeentes gepraat en gedebateer word oor die identiteit van die gemeente. Soos wat ek in die eerste artikel gese het, ons kan nie anders in hierdie tyd van verandering om ook daaroor te praat nie- die vraag is net hoe praat ons daaroor, of eintlik met wie praat ons daaroor.

  • Ek gaan eers ‘n bietjie draak steek,  met meer as net ‘n tong in die kies, met mense wat dink  jy kan jou identiteit verstaan deur net te praat met mense wat jou identiteit met jou deel.
  • Dan gaan ek verduidelik waarom dit mi noodsaaklik is om ‘n dialogiese benadering tot identiteit te ontwikkel
  • Ek gaan dan kortliks praktiese wenke gee oor hoe gemeentes in hulle gesprekke oor identiteit van hierdie benadering kan gebruik maak.

 

In die eerste artikel het ek twee benaderings tot identiteit bespreek die essensialistiese en die narratiewe benaderings.  Die essensialistiese benadering het ek tot ‘n groot mate af gewys terwyl ek die narratiewe benadering aangeprys het. In hierdie tweede artikel oor identiteit gaan ek ‘n derde benadering, die dialogiese benadering, bespreek wat mi gegee die geskiedenis van ons land ‘n baie waardevolle bydrae kan maak.  Ek het al dikwels beleef dat mense in gesprekke oor identiteit onvergenoeg van die tafel opstaan omdat dit voel asof daar in die ronte gemaal word. Ou standpunte word oor en oor gestel maar nog kom ons nie by die oplossing van die probleem nie. Miskien is die probleem nie met wat gese word nie, maar met die hoek van waaruit daar na die problem gekyk word.  Ons weet almal dat sommige probleme eenvoudig nie opgelos word voordat daar nie van buite die “box” gedink word nie.

Die probleem met hierdie voos gesprekke oor identiteit, se mense wat wat ‘n dialogiese benadering tot identiteit voorstaan, is nie dat ons oor die onderwerp van identiteit praat nie, ook dikwels nie wat ons daaroor te se het nie, maar dat dit (net) ons is wat met mekaar hieroor praat.  Identiteit se hulle is byna soos water vir ‘n vis, ‘n vis kom dit nie agter totdat hy of is dit nou sy daaruit gehaal word nie.  Nou hoe kan jy oor water praat as jy jou lewe lank nog net in water was?  Die antwoord is eenvoudig jy kan nie, want as jy nie weet wat dit is om nie in water te leef nie, kan jy baie moeilik ‘n goeie begrip vorm van wat water is.  Ek skryf hierdie artikel pas nadat ek teruggekom het van ‘n besoek aan die buiteland.  Ek het erens gelees dat ‘n mens reis om jouself te ontdek, en is dit nie ‘n waar nie? Soos ander kere is die blywende indrukke nie die nuwe dinge wat ek gesien het, mense met wie ek kon praat nie, maar wat ek van myself van my land en van my kerk in die vreemde ontdek het nie. Dit is in gesprek met die vreemdelinge wat ek myself leer verstaan op ‘n manier wat nooit sou kon gebeur as ek nie grense oorgesteek het om na myself vanuit ander ander hoek te kyk nie.  Dit is byna asof so ‘n besoek ‘n mens help om ‘n blik te kry op die blindekolle in jou perspekief op jouself.  Die voorstanders van die dialogiese verstaan van identiteit praat van die “looking glass self”.  Hiermee bedoel hulle dat die beeld wat jy van jouself het ‘n weerkaatsing van jouself is in die oe van ander. Dit is in gesprekke met die “ander” wat jy jouself werklik  leer verstaan.

Ek dink nie ons hoef ver te gaan soek na voorbeelde van wat gebeur wanneer mense probeer om hulle identiteit te verstaan deur net met hulleself besig te wees. Tot onlangs was dit so dat  Afrikaanse mense (en hulle kerke) probeer het om hulle identiteit “behou” deur veral met mekaar te praat.  ‘n Mens tel dit maklik op in die taal wat ons gepraat het, anders-kleurig, anders-talig, anders-denkend ens ens Ons was so verlief op die ons-ander wereld wat ons geskep het, dat ons wette gemaak het om mense te dwing om binne hulle wereld te leef,  veel erger nog, ons het kerke geskep waar net ons mekaar elke Sondag sou ontmoet. So bang was ons dat ons meesal oor die “ander” as vyande gepraat het.  Daarom het ons hulle nie net as “anders” beskryf nie maar as vyande.  Onthou julle nog al die “gevare” waarteen ons gewaarsku is.  Dit was byna so dat ons nie onsself kon defenieer sonder om eers oor ‘n vyand te praat nie!!

Toe ek in die middel tagtigerjare as student vir die eerste keer oorsee is, was dit die uitgesproke en onuitgesproke vrees van byna almal in my vriende- en familiekring, moet tog net nie jou identiteit verloor nie. Gelukkig is dit vandag anders.  Ons is gedwing om uit ons kokon te beweeg en sal steeds meer gewing word om dit te doen deur ‘n samelewing waar ons al hoe meer leef en werk saam met mense wat “anders” as ons is.

Die interessante is dat hierdie wereld van eerders “onse” nie daarin geslaag het om mense te kweek met ‘n – kom ons noem dit maar ‘n gesonde- identiteit nie.  Eintlik is die teendeel waar, dit is in die post-apartheid  tydperk wat ‘n mens bewus geword het van  hoe onseker ons is oor ons identiteit. Ek dink die punt is duidelik, wanneer ‘n mens in ‘n wereld leef waar jy net met mense praat wat soos jy dink en leef verloor jy die vermoe om op ‘n geintegreerde manier oor jouself te kan dink.  Anders gese- ek dink dit is duidelik dat ‘n mens gesprek-dialoog nodig het met mense wat anders as jy dink en leef, om te ontdek en te verstaan wie jy is. Nou laat dit my wonder wanneer gaan ons in die kerk verlos word van die standpunt wat vra dat ons maar liefs eers onder mekaar moet praat sodat ons onder mekaar duidelikheid kan kry oor wie ons is, voordat ons die grense na die ander kan oorsteek en met ander in gesprek kan tree.

Net so terloops, as ons dink dit is uniek aan Suid-Afrika, maak ons ‘n groot fout, die wereld word al hoe meer ‘n plek waar mense in omgewings van diversiteit leef. Selfs die lande met die sterkste mono-kultuur, ervaar dit dat grense in die global-village nie meer instaat is om die “ander” buite te hou nie. Kulture en tradisies wat gaan oorleef is kulture en tradisies waarin daar mense is wat nie bang is om kontak te maak met mense wat anders as hulle is nie.  Kulture wat anders geaan besluit sal ghetto’s word en uiteindelik uitsterf.

Genoeg draak gesteek: wat beteken ‘n dialogiese verstaan van identiteit? Ek noem drie algemene kenmerke met die gevaar dat dit so kursories beskryf word dat ek misverstaan kan word:

  • ‘n dialogiese identiteitsverstaan gaan uit die standpunt dat ons almal deel is van ‘n  groter geheel en dat ons onsself nie kan verstaan, of self raaksien as ons nie aktief bewus is van ander in die geheel wat van ons verskil nie. ‘n Bekende vaderfiguur in hierdie denkskool George Herbert Mead gaan sover as om te se dat  die proses van selfbewussyn nie kan ontwikkel sonder sosiale strukture waarbinne die ontwikkleing kan plaasvind nie.  Daaar sal min mense vandag wees wat van Mead hier verskil. Daar bestaan dus nie so iets soos ‘n identiteit in ons- sommige verwys spottend hierna as die “ghost in the machine”- los van die sosiale omgewing waarbinne ons leef nie.
  • die tweede le duidelik in die naam van die benadering- nl om in dialoog met die ander te gaan.  Dit beteken nie om die “ander” te oortuig nie, om soos ek te dink en te leef nie, maar om in gesprek te tree met die “ander” as gelyke en waardige persoon. Dit beteken eenvoudig dat ek deur gesprek ontdekkings maak van myself.  So word die oe van die ander, die spieel waarin ek myself werklik raaksien.
  • identiteit word gevorm in die gesprek met die “ander”. Dit is ‘n voortgaande gesprek war eintlik nooit afgehandel is nie.  In gesprek en deur die blootstelling, se hierdie benadering, ontdek ons aan die een k
    ant ons uniekhied en aan die ander kant word ons selfverstaan verryk deur die insigte en ervarings met die ander.

 


 

Watter praktiese implikasies het dit vir gemeentes, of miskien moet ek vra met wie sal ons ingesprek tree:

 * Wel gemeentes vind hulle identiteit  natuurlik om met God in gesprek te tree.  Ons identiteit as gemeente het tog seker in die eerste plek daarme te make dat ons met die Gans-andere in gesprek is.  Identiteit is vir ‘n gemeente seker nie ver van spiritualiteit nie.
 * Gemeentes van verskillende tradisies.. Ek weet van baie predikante wat hulle katkisante op ‘n toer neem om die ander gemeentes op die dorp te besoek en te leer ken.  Ons sal ook wyer moet praat as net die bekende “main-line” kerke- daar is soveel oor ons land en ons kontinent te ontdek as ns regtig bereid is om die gsprek oop te maak. Ek dink gemeenteleiers moet gereeld kontak maak met gemeentes uit ander tradisies.  Praat met hulle, vra hulle uit en leer by hulle. 
 * Die derde gespreksgenood is die konteks die gemeenskap waarin ons leef.  Gemeentes wat nie ‘n studie maak van hulle konteks en in gesprek tree met leiers en organisasies in hulle konteks nie, sal dit moeilik vind om te verstaan wat hulle identiteit en roeping is. Gemeentes wat eers hulle identiteit en roeping wil verstaan voordat hulle betrokke wil raak by die gemeneskap- loop die gevaar dat alles net by praat sal bly. Konkrete uitleef van jou roeping gaan in baie gevalle identiteit vooraf.
 * Ons moet ook in gesprek tree met ons storie, met ons geskiedenis.  Hieroor het ek genoeg gese die vorige keer.  In terme van die dialogiese benadering beteken dit dat ons ons storie net werklik sal verstaan as ons dit vertel saam met die “ander”.
 * Ek dink ons sal ook in hierdie tyd weer in gesprek moet tree met ons gereformeerde tradisie.  Dialoog beteken juis dat daar nuwe verstaan kan en mag ontstaan as ‘n mens in ‘n nuwe tyd weer besoek afle by die tradisie.  Die bedoeling is nie om maar net te reseteer nie, maar om te ontdek en nuut te interpreteer.