{ARGIEF}

Küng, Hans. The Beginning of All Things: Science and Religion.Küng, Hans. The
Beginning of All Things: Science and Religion.  2007. 
Eerdmans.  220p.

Die nuutste boek van die vermaarde teoloog
Hans Küng is inderdaad indrukwekkend opgestel. 
Die handel oor “die begin” en probeer om wetenskapsteorie daaroor te
versoen met geloof in die God van die Bybel. 
Küng het `n diep oortuiging dat wetenskap en godsdiens met mekaar moet kan
praat en dat ons nie kan toelaat dat die basiese verhouding tussen die twee velde
een van diepe verskil en konfrontasie word nie.

In die loop van die boek gee hy aandag aan
meeste van die groot verklarende wetenskapsteorieë soos big bang, kwantum,
relatiwiteitsteorie, chaos-teorie, beoordeel dit en wys ook op die grense en
beperktheid van die teorieë.  Hy probeer
van sy kant wys waarom dit sinvol en verantwoord is om die vraag na God en sy
betrokkenheid by die begin en by lewe te vra. In die loop van die boek gee Küng
sy mening oor die meeste vrae rake die wetenskap-geloof-debat. 

Ek weet nie regtig genoeg van die debat om
Küng se antwoorde te beoordeel nie, maar wat hy wil doen is prysenswaardig.  By dit kom dat Küng die gawe het om
ingewikkelde sake goed en redelik eenvoudig te verduidelik.  Al kan
jy nie die antwoorde goed beoordeel nie, gaan hy jou help om die vrae beter te
begryp en dalk een of twee van die teorieë vir die eerste keer te begin
verstaan!