{ARGIEF}

Lane, A.N.S.  Interpreting the Bible: Historical and Theological Studies in honor of David F. Wright.Lane,
A.N.S.  Interpreting the Bible:
Historical and Theological Studies in honor of David F. Wright. Apollos. 1997.

 

Interpreting the Bible is `n feesbundel wat
aan die Edinburgh
historikus David Wright opgedra is. 
Wright was `n behoudende Anglikaan wat as `n nie-geordende teoloog `n
sterk invloed in Engeland en die VSA uitgeoefen het. 

 

Die boek bevat `n vyftiental artikels
geskryf deur studente en vriende van Wright. 
Onder hulle tel Tony Lane, Gerald Bray, Trevor Hart, Paul Helm, Richard
Bauckham, Bruce Winter en Tim Bradshaw. 
Die temas is meesal histories van aard (bv drie artikels oor Calvyn, een
oor John Owen en een of Gregory Nazianzen). 
Daar is ook meer eietydse studies bv `n interessante artikels oor
Brueggemann se siening van verbeelding, Barth se standpunt oor Judas en oor
homoseksualiteit.