{ARGIEF}

Lints, R., Horton M.S. en Talbot M.R. Personal Identity in Theological Perspective.Lints,
R., Horton M.S. en Talbot M.R. Personal Identity in Theological
Perspective.  Eerdmans.  2006

Hierdie boek bevat voordragte wat gelewer
is by `n konferensie oor persoonlike identiteit (dus antropologie) in
2002.  Die unieke aard van die boek lê in
die feit dat die skrywers feit almal konserwatiewer, evangeliese teoloë is wat
hulle verstaan van menswees bewustelik teologies wil ontwikkel.  “The doctrine of God looms ever present behind
every one of the essays in this volume; the obvious point being that God
creates and consummates human identity”.

 

Die elf artikels bied `n interessante
mengsel van perspektiewe en standpunte. 
Robert Wilken skryf oor die patristieke tyd, Weinrich en Horton oor
Lutherse en Gereformeerde visies op menswees, Murphy, Jones en Yarhouse probeer
`n bybelse menssiening rym met wetenskaplike data oor menswees.

 

Die laaste vier opstelle van Kelsey,
Horton, Lints en Talbot bevat suggestive
proposals
vir `n christelike antropologie. 
Al vier die artikels is baie goed of ten minste baie interessant – en
probeer getrou bly aan hulle verbintenis om menswees in die lig van die
evangelie te verstaan.