{ARGIEF}

Neels Jacson skryf vanoggend in Beeld:

Ek het grootgeword in ’n kerklike tradisie waar ek geleer het “ons” is reg en “hulle” is verkeerd.

“Ons” was die NG Kerk van die 1960’s en 1970’s en “hulle” was enig­iemand anders, van die Rooms-Katolieke met hul pous tot by die AGS en ander kerke waar mense sommer tydens ’n erediens sou hande klap.

Een van die belangrikste goed wat met my gebeur het sedert ek byna 20 jaar gelede by Beeld as kerksake-verslaggewer begin werk het, was dat ek dié sienswyse kon ontgroei.

Aanvanklik het my skielike kontak met baie uiteenlopende kerke my verwar. Wie se Jesus is die regte Jesus, het ek gewonder.

In my kontak met baie ander kerke het ek egter die wonderlikste mense ontmoet.

Katolieke en Pinkstermense, charismate en gereformeerdes, Anglikane en Metodiste en ortodokse Christene by wie ek almal ’n egtheid van geloof kon aanvoel.

Dit was mense wat elkeen ’n eie perspektief op Jesus gehad het – nooit ’n volledige prentjie nie, maar telkens nogtans ’n geldige perspektief.

By elke stroom en denominasie en tradisie waarmee ek kontak gemaak het, het ek gevoel: Daar is wonderlike goed wat ek by hulle kan leer.

lees die res van die artikel hier