{ARGIEF}

Old Hugh Oliphant.  The Reading and Preaching of Scriptures in the Worship of the Christian ChurchOld
Hugh Oliphant.  The Reading and Preaching of Scriptures in the
Worship of the Christian Church, Vol 6, The Modern Age.  Eerdmans. 
2007.

Hugh Old het `n dekade of wat gelede die
onmoontlike taak op hom geneem om `n geskiedenis van die prediking in die
Christelike kerk te skryf.  Hierdie
omvangryke volume is die sesde in die reeks en handel oor die Moderne Era.

 

Dit is die derde volume wat ek onder oë kry
en nes met die ander twee (en dalk meer so!) is ek positief verras oor wat te
leer is uit die reeks. 

 

Old begin die verhaal van die Moderne Era
in die 1800’s in Europa met `n oorsig van die prediking van Alexander
Vinet.  Hy werk deur die era in twaalf
hoofstukke waarin hy telkens die fokus heen en weer tussen Europa, Engeland en
die VSA verskuif.  Hy gee aandag aan
herlewingsprediking in `n sekulariserende Europa (naas Vinet kyk hy hier ook na
Kuyper), Duitse prediking in die vroeë fase van die Verligting (oa
Schleiermacher,  Krummacher en Harms),
die Calviniste in New England (Timothy Dwight, Lyman Beecher), die sg Old
School in die VSA (oa die Alexanders en John Nevius), die Victoriaanse
predikers in Engeland (oa John Newman, McLaren en die groot Spurgeon), die
Amerikaanse skool van Finney, Moody, Torrey en Billy Sunday aan die eenkant en
Bushnell, Sloane Coffin, Fosdick, Buttrick en Norman Vincent Peale aan die
ander kant.  Hy kom ook uit by die begin
van swart prediking in die VSA, die Duitse Evangeliese prediking in die
Mississipi Valley (oa Carl Walther), Skotse prediking in die negetiende eeu (oa
Duff), Southern Baptist prediking, Europese prediking in die bewoë twintigste
eeu (Bultmann, Barth, Niemoller, Bonhoeffer, Luthi, Thielicke en selfs Klaas
Schilder) asook bekende Britse predikers van die twintigste eeu (oa Campbell
Morgan, William Temple, James Steward, William Sangster en Martin Lloyd Jones).

 

Ek dink nog steeds dit is `n onmoontlike
taak wat Old op hom geneem het. Anders as teologiese refleksie en selfs
kerkgeskiedenis wat in boeke en dokumente gereflekteer word is die werklike
gebeure in die prediking meer ontwykend en kan dit nie so maklik volledig
gerapporteer word aan die hand van geskrewe preke nie.  Op sy allerbeste sal `n preekgeskiedenis
altyd onvolledig en op sekere punte skeef en selfs misleidend wees.  Tog is ek baie dankbaar vir Old se
reeks.  Hy is `n groot geleerde en doen
dit so goed as wat dit moontlik is om te doen. 
En soos ek gesê het, ek is verbaas oor wat `n mens wel leer en agterkom
uit die reeks.