{ARGIEF}

Ons het predikante gefaal!

Frederick Marais

Daar is die afgelope 3 dekades baie gepraat en dinamiese ontwikkelinge gedoen rondom gemeentes.  Aanvanklik het ons van Gemeentebou gepraat,  later van die Liggaamsmodel, STB het gekom en gegaan, nou word daar van Gestuurde Gemeentes gepraat.  In die proses het gemeentes gewoond geraak om voortdurend besig te wees met prosesse van visionering en bedieningsvernuwing.  Daar is egter in die hele proses nagelaat om duidelikheid te kry oor die werk en rol van dominees. Ek dink ons het dominees gefaal in die proses en sal dringend aandag moet gee hieraan of ons gaan net nog meer perdikante verloor in die proses.

Daar is ‘n aantal faktore wat mi die druk op die leraars verhoog:

  • Baie predikante is opgelei, en word “steeds” opgelei,  vir ‘n pastorale model van die bediening- sommige noem dit ook die herder-kudde-model.  Ek dink ons moet eerlik wees dat die “pastorale model” geneig is om die instandhouding van die gemeente te verhef tot die grootste doel en lidmate passief te maak omdat die fokus daarop is om hulle te bedien eerder as om hulle toe te rus om as disciples te leef. Ek dink daar is konsensus dat ‘n fokus hierop alleen in die bediening nie  verantwoordlik is nie.
  • Heelwat gemeentes het probeer en daarin geslaag om meer soos ‘n liggaam te funksioneer.  Ons nuutste navorsing by Buvton dui daarop dat by al die goeie gevolge hiervan gemeentes besiger geraak het en dominees besige bestuurdes geword het. Iets waarvoor hulle terloops nie 5 minute se opleiding ontvang het nie.
  • Die afgelope 3-5 jaar word daar al hoe meer gepraat van ons roeping in die gemeenskap en gemeentes is besig om in prosesse te gaan om die roeping plaaslik te laat grondvat. Daar word vennootskappe aangegaan met instansies in die gemeenskap, analises gedoen van die demografie, projekte begin om werk te help skep ens ens Die dominee is ook hierby betrokke en moet ook help om dit te laat slaag.
  • Ons gemeenskap beweeg al hoe meer in ‘n sitausie van post-christendom waar die plek en rol van gemeentes en leraars in die samelewing radikaal geraak word.  Ons kan lidmate nie meer inhok met gemeente en denominasie grense nie, hoe harder ons probeer hoe meer lagwekkend raak ons bediening. Dominees open nie meer alles en skryf getuigskrifte vir almal nie want ons is lank al nie meer in die sentrum van die samelewing nie.  Baie mense in die leierskap van gemeentes verstaan dit nie en blameer eenvoudig die domineer vir swak bydraes en opkomste. Dit is nie moeilik om uit te werk dat die gemenetedominee se werk  iets radikaals anders is in ‘n post-christendom wereld as in die christendom wereld waarin baie van ons grootgeword het nie.
  • Die lysie word net langer en langer die eise word meer en meer en die werk van die gemeentedominee word by die dag komplekser, geen wonder dat soveel leraars lei aan uitbranding nie. U sien die dominee is steeds in baie gevalle die herder, maar ook die bestuurder en toeruster wat ook die gemeenskapsontwikkelaar moet en wil wees. Die proses was vir die dominee in die gemeente ‘n geval van “ad on”. Geen wonder dat die jongste navraag oor uitbranding hieroor tydens die Sinode van Weskaap dui op ‘n toename.
  • In die hele proses het Artikel 9 van die KO onveranderd gebly asof niks in die gemeente verander het nie. Artikel 9 beskryf (steeds) die werk van die leraar in basies in lyn met hierdie pastorale model van die bediening. Kom daar ‘n konflik is die goedebedoelde leraar se rug oop en word hy of sy verantwoordelik gehou en geblameer vir omtrend alles. 

Ons sit ons dominees op om te misluk, is eintlilk al konklusie waartoe ‘n mens kan kom.

Dit is interessant dat die kerk se eerste reaksie om die dilemma van leraars te hanteer was om versorgingstrukture in plek te kry. Versorgingskommissies in sinodes, ringe en gemeentes is oral gestig.  Terloops ek dink dit is baie belangrik en noodsaaklik, maar versorging alleen gaan nie die oorsake vir die probleem waarin dominees sit te beredder nie. 



Ek dink ons sal ten minste 4 goed moet doen:

  1. Ons moet ophou om predikante te blameer vir alles wat verkeerd loop in gemeentes. Predikante word dikwels onbillik beboellie en beskaam asof hulle die oorsaak is van alles wat verkeerd loop.  Dit is eenvoudig onbillek en onverantwoordelik.  Almal van ons by fakultiete en in kerklike strukture behoort onsself te disiplineer om hiermee te staak.
  2. Predikante sal eenvoudig in die gewoonte moet kom om hulle opleiding te sien as ‘n lewenslange proses van leer en moet leer verstaan dat persoonsontwikkeling nie ‘n luukse is nie maar ‘n noodsaaklikheid vir elke predikant.  Ek is persoonlik van oordeel dat ons tans elke 5 jaar in der waarheid oor opgelei behoort te word.
  3. Daar sal ‘n gekooordineerde proses van ontwikkeling moet kom om relevante prosesse, programme en kursusse ontwerp om die leraars by te staan in hulle ontwikkeling.  Dit help eenvoudig nie ons maak roepingverklarings maar ontwikkel nie ook programme wat die dominee prakties kan help in sy of haar daaglikse werk in die gemeente nie.
  4. Ons sal oor die rol van predikante in gemeentes indringend moet gesels en moet uitkom by ‘n duideliker defenisie as wat tans die geval is en dit dan ook kerk ordelik beskryf om leraars te beskerm teen elke gril en gier wat verbykom.  Ons taak is nie om dominees besiger te maak nie, hulle het klaar te veel om te doen maar om hulle te help om te fokus op hulle roeping en hulle lysies korter te maak.