{ARGIEF}

Patzia, A.  The Emergence of the Church: Context, Growth, Leadership & Worship.Patzia,
A.  The Emergence of the Church: Context,
Growth, Leadership & Worship. IVP. 2001

Hierdie uitstekende en goedgedokumenteerde
boek wil die verhaal van die Nuwe Testamentiese kerk in die eerste eeu van sy
bestaan vertel.  Patzia is `n Nuwe
Testamentikus wat die verhaal uit die hoek vertel: hy werk met die basies NT
verhale wat hy probeer verstaan en uitlê teen die geografiese, godsdienstige en
kulturele agtergrond van daardie tyd.

 

Patzia is `n behoudende teoloog wat met die
historiese verhaal en met die sosiale werklikhede van die tyd wil werk maar wat
ook diep glo dat die kerk `n skepping van God is wat telkens die
begrippemateriaal van ons wetenskap oorstyg. 
Die krag van die boek lê waarskynlik in die sensitiwiteit en oorleg
waarmee hy die sosiale en teologiese werklikhede van die kerk se storie probeer
inweef in een verhaal.

 

Ek het die groot temas waarmee Patzia
gekies het om te werk interessant en veelseggend gevind.  Na `n inleidende hoofstuk oor die
agtergrondsituasie en tyd en `n korterige hoofstuk oor Jesus en die kerk, kies
hy drie temas om verder meet e werk.  Hy
beskryf eerstens die geografiese uitbreiding, getallegroei en diversiteit van
die vroeë kerk.  Daarna kyk hy na die
patrone van bediening, leierskap en kerkordelike reelings in die vroeë kerk en
laastens na die erediens en liturgie. 

 

`n Goeie boek wat heelwat stof tot nadenke
bied.