{ARGIEF}

Pinsky, Mark. The Gospel according to The Simpsons. Pinsky, Mark. The
Gospel according to The Simpsons. 
2001.  WJK

Hierdie publikasie is deel van `n
baie interessante reeks van WJK waarin vanuit `n Christelike hoek gekyk word na
gewilde TV-reekse, flieks of boeke.  Die
bedoeling is nie om die reekse te kritiseer of om diepsinnige analises daarvan
te maak nie.  Die gedagte is eerder om
mense wat die reekse gevolg het of die boeke gelees het, `n entjie verder te
laat dink oor wat hulle gelees of gesien het.

Die outeurs wat vir die twee boeke oor die
Simpson en Harry Potter verantwoordelik is, is goeie waarrnemers en onderhoudende
skrywers en gee `n mens baie stof tot nadenke. 
Predikante wat die reeks gevolg het sal die boeke nie net baie geniet
nie, maar ook gedagtes en materiaal kry wat hulle in die prediking of elders in
die bediening kan
gebruik.