{ARGIEF}

William C. Placher (editor) Callings: Twenty Centuries of Christian Wisdom on VocationPlacher,
W.C.  Callings: Twenty Centuries of
Christian Wisdom on Vocation. 
Eerdmans.  2005.

Die belangrike tema van roeping is die
laaste paar jaar weer voluit op die tafel. 
Die publikasies van Badcock, Stevens, Volf, Dewar, Fowler en Schuurman
is goeie voorbeelde hiervan.

 

Die nuwe boek van Bill Placher sluit hierby
aan.  Dit is `n wonderlike bloemlesing
van twintig eeue se wysheid oor roeping of vocation.  Die bykans sestig lesings is saam met `n
aantal belangrike tekste verdeel in vier groot historiese periodes: die Vroeë
kerk (100-500nC ); die Middeleeue (500-1500 nC);   Reformasie en daarna (1500-1800 nC) en die
Post-Christelike wêreld (1800-vandag). 
Placher het ook `n goeie inleiding by elke afdeling geskryf. 

 

Al die belangrike tekste oor roeping wat `n
mens soek is hier.  Van Ignatius en
Justinus tot by Karl Barth.  Met in die
middel name soos Ausgustinus, Bernard van Clairvaux, Thomas Aquinas, Thomas a
Kempis, Luther, Calvyn, Theresa Avila, Perkins, Law, Jonathan Edwards, Wesley,
Newman, Bonhoeffer, Merton en vele ander.

 

`n Wonderlike boek om proe-proe te lees en
diep te dink oor.