{ARGIEF}

Robert, Dana. Converting Colonialism: Visions and Realities in Mission History 1706 – 1914.Robert, Dana. Converting
Colonialism: Visions and Realities in Mission
History 1706 – 1914. 2008. 
Eerdmans.

Na `n tydperk van twee of drie dekades
waarin baie negatief geoordeel is oor die werk van sendelinge in die Derde
Wêreld, is daar tekens van `n kentering. 
Hierdie bundel met sy negetal opstelle is deel van die poging. Die
outeurs is almal van mening dat die prentjie `n bietjie komplekser is as wat `n
tyd gelede gemeen is.  Dit is nie so
maklik om die werk van die sendelinge eenvoudig te sien as deel van die
kolonialistiese pogings van die Europese lande nie. 

Hulle is van mening dat hier ten minste
twee ander prosesse is waarmee rekening gehou 
moet word.  Die meeste sendelinge
was deurentyd krities oor bepaalde elemente van die kolonisasie-pogings van die
politici – vandaar die titel van die boek “converting colonialism”.  Die tweede interessante proses is dat die
werk met die plaaslike kerke die sendende kerke meer beïnvloed het as wat
aanvanklik gemeen. 

In die artikels word aandag gegee aan die
werk in Tranquebar, Oos-Afrika, Suid-Afrika, Wes-Afrika, Indië en China.  Die redakteur van die bundel is Prof Dana
Robert, wat getroud is met Inus Daneel.