{ARGIEF}

Schakel, Peter. The Way into Narnia.Schakel, Peter. The
Way into Narnia. 
2005.  Eerdmans. 202p

Vir almal wat die Lewis-film geniet het of
oor die jare  sy boeke waardeer het is
hierdie `n baie lekker behulpsame gids by die lees van sy fiksie boeke.  Daar is mense – soos ek – wat makliker
nie-fiksie as fiksie lees en by wie van die dieper simboliek van Lewis se
feëverhale soms verbygaan.  Die boek wil
hiermee help. 

Schakel is `n Engels-professor – soos Lewis
was! – en het al heelwat oor hom gepubliseer. 
In die boek skryf hy spesifiek oor die Narnia-verhale. Daar is `n opstel
oor elkeen van die feëverhale, aanvullende geannoteerde notas vir die lees en
`n interessante inleidende deel oor Lewis self.