{ARGIEF}

Schwehn, M. en Bass, D.  Leading lives that Matter: What we should do and Who we should be.  Schwehn,
M. en Bass, D.  Leading lives that
Matter: What we should do and Who we should be. 
Eerdmans.  2006.

Leadings
lives that matter
is ook `n bloemlesing oor
roeping.  Die tema is so effens anders
bewoord in die subtitel: “wat ons behoort te doen en wie ons behoort te wees.”

 

Behalwe dat die tema breër is as die van
Placher se boek, verskil dit ook in die sin dat dit nie net bydraes van
professionele teoloe en predikante in het nie maar ook mense uit ander professies
en selfs van buite die Christendom. Daar is oa bydraes van bekende skrywers
soos Frederick Buechner, Robert Frost, John Milton, Will Campbell, Annie
Dillard, Dorothy Sayers, Steinbeck, Tolstoy, Wordsworth en vele ander. 

 

Na `n inleidende hoofstuk waarin terme soos
vocatio, deug, en outentiekheid
uitgeklaar word, word die bydraes rangskik onder sewe groot vrae:

·        
Is sekere lewens meer
betekenisvol as ander?

·        
Moet my werk die primêre bron
van my identiteit wees?

·        
Is `n gebalanseerde lewe te
verkies bo `n lewe wat primer draai om werk?

·        
Tot watter mate moet ek my
talente navolg as ek besluit oor my beroep?

·        
Na wie moet ek luister?

·        
Het ek regtig beheer oor wat ek
behoort te doen en behoort te word?

·        
Hoe vertel ek die storie van my
lewe?

 

Nog `n wonderlike boek – met wonderlike,
leersame bydraes.