{ARGIEF}

Stackhouse, J.G. What does it mean to be saved?  Broadening Evangelical Horizons of Salvation. Stackhouse,
J.G. What does it mean to be saved? 
Broadening Evangelical Horizons of Salvation.  Baker. 2002.

Hierdie boek is ook die resultaat van `n
internasionale konferensie wat gehou is by Regent College
in Vancouver, Kanada.  Dit handel oor die
tema soteriologie of verlossingsleer en is `n poging van evangeliese teoloë om
krities te kyk na hoe hulle tradisie dink oor verlossing.

 

Die konsensus van al nege bydraers is dat
dit waarskynlik een van die grootste gebreke of gevaarpunte van die evangeliese
tradisie is dat hulle soms baie smal dink oor verlossing in Christus.  Die skrywers probeer almal op verskillende
maniere en vanuit verskillende vakbenaderings gronde gee waarom wyer gedink
behoort te word oor redding as net dat Christus gesterf het sodat ons hemel toe
kan gaan.

 

Wilson som die gesprek goed op in die laaste hoofstuk as hy sê dat die
bydraers vra vir `n teleologiese uitbreiding, `n kosmologiese uitbreiding en
vir `n meer liggaamlike verstaan van die heil in Christus.  Sy besorgdheid is egter dat die bydraers se
argument te individualisties dink oor die heil en dit nie sterk genoeg veranker
in `n Trinitêre verstaan van die heil nie.