{ARGIEF}

Survival or Revival
Ten Keys to Church Vitality
Carnegie Samuel Calian
Westminister John Knox Press
1998

Opsomming deur Frederick Marais 

Hierdie is ‘n opsomming van die strategie wat Calian voorstel vir kleiner gemeentes om te herstel:

1. Aanbid God alleen

  •  Onderskei tussen die ware en valse gode
  • Met oorlewing is die gevaar altyd daar dat ons ter wille van voortbestaan lidmate se voorkeure belangriker ag as die wil en eer van God. In kleiner gemeentes waar getalle belangrik is vir oorlewing is hierdie gevaar nog groter
  • Hiervoor het ons aanbidding nodig wat ons help om op die lewende God te fokus en bewus te wees van sy teenwoordigheid by ons.  Daarvoor tyd gee vir meditasie en refleksie om voor die aangesig van God te kom. Cdit is ‘n besondere uitdaging vir gemeentes waar alles en almal oorbekend is om ‘n atmosfeer te skep waar ons die vreemde teenwoorigheid van die Here kan ervaar.

Vermy “entertainment” van mense om hulle te behou in die gemeente

2. Wees Bybelse leerders

  • Bybel gee inhoud aan wat ons (van) 
    • God glo
    • Die taak en roeping van die Kerk
    • Wat ons mag hoop
  • Wie beskik oor die gesag om die Skrif uit te le?
  • Wat maak ons met die verksillende interpretasies van die Bybel?

3.  Respekteer jou tradisie

  • Om te beweeg van oorleef na visie beteken nie om die die tradisie te negeer nie
  • Die gemeente se eie verhaal moet vertel en gevier word en dit sluit die verbintenis in aan die dorp stad of streek waarbinne die gemeente is
  • Die teologiese tradisie moet binne die ekonmeniese landskap verstaan en uitgeleef word. Kleiner gemeentes loop altyd die gevaar hulleself te isoleer van groter gehele

4. Verwelkom die vreemdeling in die gemeente

Hoewel hierdie gemeentes van die mees intieme geloofsgemeenskappe kan wees waar almal mekaar baie goed ken en veral in krisistye wonderlik ondersteun, is dit so dat vreemdelinge moeilik tuis kom in hierdie gemeentes.  Vreemdelinge vind dit dikwels moeilik om deel te word van die “familie”.  Inkommers word maklik met wantroue eerder as met gasvryheid begroet.  Enigiets of iemand vreem is eintlik per defenisie ‘n bedryging vir hierdie gemeentes.  Daar is egter voorbeelde waar kleiner gemeenskap ‘n kultuur het om dolebewus oop te wees vir vreemdelinge wat deel word van hulle.  Dit is presies hier waar oorlewing omgeskakel kan word in herlewing.  In die taal van Luk 24 is gasvryheid teenoor die vreemdeling in ‘n besondere manier ‘n kans om ons gemeenskap oop te maak vir ‘n baie intieme ervaring van God.
Kyk ook na Kievert- welcome the stranger.

5. Koester die kinders en die jeug- uitdaging tot ‘n multigenerasie bediening

Omdat tradisie  verhaal so sterk is in hierdie gemeentes is daar ‘n geneigdheid om leierkskap te verwar met senioriteit.  Ek het met ‘n lidmaat te doen gehad wat al goed in sy veertigs was en steeds nie sou waag om iets te se indien sy pa op dieselfde vergadering sou wees nie. Gil Rendel maak ‘n belangrike opmerking oor die interaksie tussen ouer en jonger generasie- Ouer generasies verwag dikwels van die jonger generasie om hulle leierskap blindelings te volg omdat hulle van die veronderstelling uitgaan dat die jonger generasie tog eendag soos hulle gaan oud word.  Tot onlangs was daar waarheid in die stelling, maar die inpak van generasie-vorming word tot in die verste hoeke van die platteland ervaar.

Hierdie gemeentes het nie ‘n keuse as om ‘n multigenerasie bediening te he nie, want hulle is in die woorde van Gil Rendel nooit ‘n “pure market” nie.  Sommige-veral jonger leraars- mag dit sien as ‘n nadeel, maar inwerklikheid is dit ‘n wonderlike voordeel.  Geloofsgemeenskappe wat daarin slaag om verskillende generasies saam te snoer se volhoubaarheid en gesondheid is baie beter as ‘n gensrasie bediening wat maklik in die voorstede ontstaan.  Hier kan volwassenes nog werklik modelle wees vir die kinders en jongmense want hulle vorm so ‘n hegte eenheid as gemeenskap dat hulle byna daagliks in mekaar se teenwoordigheid is.  Kinders uit hierdie gemeenskappe het ek geleer as studenteleraar is ook dikwels genieg om beter te verstaan dat ons almal ‘n verantwoordelikheid het.

6. Praktiseer vergiffenis

Ek het gevind dat een van die grootste uitdagings van kleiner gemeentes is om gesonde verhoudings te handhaaf.  Jakobus 5 se uitdaging dat ons moet bely teenoor mekaar sodat ons gesond kan word was juis bedoel vir kleiner gemeentes waar mense mekaar goed ken en baie bewus is van mekaar se foute en sondes.  Om oor ‘n lang tyd saam te leef in ‘n gemeenskap beteken ook dat ons ter dee bewus is van mekaar se foute. Steriotipes en kwaaivriendskappe ontwikkel maklik.  Binne hierdie konteks is dit dikwels moeilik om mekaar te vergewe en is die uitdaging aan die gemeente om vergiffenis te praktiseer.  …