{ARGIEF}

The Multigenerational Congregation.  Meeting the Leadership Challenge
Alban (2002)
Gil Rendel-

Hierdie boek gaan nog baie beteken vir leiers in gemeentes vandag!  Gil bespreek op sy wyse manier die uitdaging aan van gemeenteleiers om gemeentes te lei waar daar meer as een generasie teenwoordig is.  Sommige van die groter gemeentes het die luukse om ruimtes te skep waar elke generasie kan tuiskom, maar vir meeste gemeentes is dit nie moontlik nie en moet hulle die uitdaging aanvaar om  multigenerationele ruimtes te skep vir aanbidding, besluitneming ens. ens. In Rendel se woorde is gemeentes, impure markets in ‘n tyd waar die ekonomiese kragte market tribes skep deur middel van hulle kragtige bemarkingstragie. Hoewel daar ander boeke is wat die verskynsel van generasies in ons samelewing miskien meer gesofistikeerd verduidelik, het ek gevind dat Rendel mi hier daarin slaag om te verduidelik wat nou gemaak as ek verstaan dat die generasies van mekaar verskil.  Vir gemeentes wat wil fokus op families en ruimtes wil skep waar families tuis kan wees in die gemeente is hierdie boek baie nuttig.

Hierdie is ‘n verfrissend boek wat nie dink dat dit wenslik is dat gemeentes eenvoudig maar die marktendense moet volg nie.Van die verrykendste insigte van die boek kom na vore wanneer hy in hoofstuk 6 die lewe in so ‘n multigenerasie gemeente beskryf.  Eenvoudig alles word geraak deur ons multigeneraliteit, van die besteding van fondse, vroueaksies, stukture, aanbiddingstyle, tot  die verstaan van lidmaatskap.  Die uitdaging van die boek is om gemeenteleiers te oortuig dat die opkomende generasie nie noodwendig soos die ouer generasies gaan word teen die tyd dat hulle middeljare bereik nie!

Uitdagings aan die leiers wat soek na multigenerasie ruimtes waar families tuis kan wees  is:
    Om te verstaan dat die verskillende generasies moeilik met mekaar praat oor waardes
    In meeste gemeentes word die waardes en waarde-aansprake van die ouer generasie aanvaar as reg en dat die jonger generasies eenvoudig daarby sal moet aanpas.  Die ouer generasie sal gehelp moet word om te verstaan dat dit ‘n
    Omdat gemeentes impure markets is, sal leiers moet leer om met die ongemak daarvan saam te leef sonder om te aanvaar dat dit hulle skuld is dat generasies moeilik oor die weg kom in die gemeente.
    Groei en relevansie in die tysd waarin ons leef sal vir meeste gemeentes beteken dat hulle vaardihede sal moet ontwikkel om ‘n tuiste te skep waar verskillende generasies  welkom is.

Indien ons hierdie uitdaging nie aanvaar nie loop ons die gevaar om die komende generasies vir altyd van ons te vervreem.  ‘n Staaltjie uit Pretoria se wereld het my hoop gegee.  Die leierouderling van die gemeente is van die ouer generasie.  Die gemeente het baie jonger mense en families wat heeltemal ander dink oor die lewe as die betrokke leierouderling.  Hy het egter die vermoe ontwikkel om na hulle te luister en hulle te leer verstaan omdat sy eie kinders en kleinkinders in die gemeente is en hy graag wil he die gemeente moet vir hulle ook ‘n tuiste wees!
Ons het meer sulke stories nodig.