{ARGIEF}

Authentic Leadership: Courage in Action Robert Terry: The Action Wheel

Opsomming deur Frederick Marais
Illustrasies deur Nico simpson


English summary op page 4

Robert Terry se teorie, Authentic Leadership: Courage in Action (Jossey-Bass 1993), help ons om insig te bekom in die gebruik en misbruik van mag in die hantering van konflik.  Eers ‘n paar algemene opmerkings oor Terry se teorie.

Terry se teorie bestaan basies daaruit om die aksie of dinamika in ‘n sisteem te ontleed. Terry identifiseer 6 vorme van aksie in ‘n sisteem wat ter sprake kom wanneer die sisteem blootgestel word aan transformasie: (sien hieronder ‘n meer uitgebreide verduidelikking van elk van die aksies)

 

Terry se wiel

 

 

1. Mag-   Die is die energie van ‘n aksie
2. Missie- Die fokus of “waarheen” van ons aksies
3. Bestaansdoel of bedoeling-
   Die “hoekom” wat ons aksies motiveeer
4. Konkrete bestaan (excictence)-
   Die konkrete realiteit van waaruit ons aksies voortspruit.
5. Bronne-  Die konkrete bronne waarmee die aksie realiseer. Alles wat    konkreet gemeet kan word val onder hierdie kategorie.
6. Strukture-  Die die organisasie kanale- di planne, strukture ens waardeur die    aksie gekanaliseer word.

Volgens Terry is hierdie 6 aksies in ‘n spesifieke interaksie met mekaar. Hulle vorm saam ‘n wiel wat die momentum van die gekulmineerde energie van die 6 aksies voorstel. Die interaksie tussen die 6 aksies is belangrik en in ‘n baie spesifieke orde. Elke aksie is afhanklik van die volgende aksie om suksesvol te realiseer(sien weer sy skematiese voorstelling). Terry se wiel verbind daarom elke komponent met die volgende komponent deur middel van ‘n pyl:


 

Mag(energie) realiseer konstruktief wanneer missie- of fokus in plek is.   Wanneer daar in die sisteem ‘n magskonflik is, word dit nie reggestel deur op die konflik te fokus nie maar deur die fokus te verskuif na die missie.

Missie(fokus)  kan net realiseer indien bestaansdoel(hoekom) duidelik is en gesag het in die sisteem. Die logika is dat ‘n organisasie met fokus-missie, maar sonder ‘n duidelike bestaansdoel of “hoekom”, nie werklik oor die energie sal beskik om die missie te realiseer wanneer daar teespeod kom nie.

Bestaansdoel(hoekom) kan net realiseer indien dit konnekteer met die konkrete bestaan van die organisasie. Die konkrete bestaan van ‘n organisasie is die realiteit van waaruit alle aksies ontstaan. As die bestaansdoel of bedoeling van die organisasie nie grond vat in die werklike konkrete bestaan daarvan nie, is daar geen aksie nie maar net idees.

Konkrete bestaan is net moontlik indien daar (meetbare) bronne is om dit te laat bestaan. Mense, tyd, geld en infrastruktuur.  Dit dien geen doel om oor die bestaan van ‘n organisasie te praat indien daar nie bronne is nie.

Bronne sonder stukture kan geen energie kanaliseer nie.  Strukture is dit waardeur bronne gekanaliseer word om in diens van die bestaansdoel en bedoeling te funksioneer.

Strukture kan nie sonder energie aksie tot gevolg hê nie. Water kan nie in ‘n kanaal loop indien daar nie gravitasie is nie.

As ons Terry se wiel toepas op magsverskille of konflik beteken dit dat wanneer daar konflik is, die probleem nie in die konflik is nie, maar in die onduidelikheid van die missie of fokus van die organisasie.  Konflik in sigself is nie sleg nie, dit dui op energie, maar is onproduktief- energie word vermors, omdat daar nie fokus is nie. Ons spandeer daarom in die vennootskap baie tyd om oor missie- Gemeenteroeping en Visie vir Beliggaming te praat omdat dit ons help om fokus te ontwikkel.

Dit is kontras ons praktyk in die kerk om strukture te gebruik om die konflik te hanteer.  Wanneer ons strukture gebruik benut ons die kerkorde, bestaande planne en prosedures. Dit egter, plaas druk op ons hulpbronne, wat druk plaas op die voorbestaan van die kerk ens.