{ARGIEF}

Tödt, H E  Authentic Faith: Bonhoeffer’s Theological Ethics in Context.Tödt, H E
Authentic
Faith: Bonhoeffer’s Theological Ethics in Context . 2007. Eerdmans

Die boek bevat `n veertiental artikels van
die etikus Heinz Tödt oor die werk van Bonhoeffer.  Tödt 
was die redakteur van Bonhoeffer se versamelde werk en word allerweë
beskou as een van die beste interpreteerders van die beroemde teoloog.

Die meeste van die artikel gaan in op
spesifieke aspekte van Bonhoeffer se teologie of lewe. So bv is daar twee
artikel oor Bonhoeffer se sg godsdienslose interpretasie van die Christendom en
`n artikel wat sy deelname aan die aanslag op Hitler se lewe probeer
verstaan.  Daar is ook artikels oor sy siening
van menseregte, die rol van die gewete, die skuldvraag, sy etiek van
vrede. 

Dalk nog meer waardevol is die artikels
(die eerste twee en die laaste een) waarin Tödt `n oorsig probeer gee van
Bonhoeffer se teologie en sy bydrae tot verantwoordelike denke en lewe in die
Christelike kerk.