{ARGIEF}

Ulanov , Ann en Alvin Dueck. The Living God and our living Psyche: What Christians can learn from Carl Jung. Ulanov , Ann en Alvin
Dueck.
The
Living God and our living Psyche: What Christians can learn from Carl
Jung.  2008.  Eerdmans.

Soos die sub-titel aandui gaan hierdie
boekie oor wat Christene kan
leer uit die werk van die bekende sielkundige Carl Jung.  Hoewel Jung `n predikantseun was en baie
simpatiek ingestel is teenoor die rol van godsdiens was nie almal oor die jare
positief oor sy invloed nie. Die feit dat sy werk opgeraap is deur mense wat `n
soort algememe spiritualiteit voorgestaan het (oa New Age-rs), het sy resepsie
onder veral evangeliese christene nie aangehelp nie.

Ann Ulanov en Alvin Dueck probeer nie
voorgee dat Jung `n konvensionele Christen was of dat sy teoriee naatloos te
versoen is met konfessionele Christendom nie, maar meen tog dat hy `n stem is
waarna ons behoort te luister. Jung het in die eerste deel van die 20ste eeu
veel gedoen om die deure na geloof, ook die Christelike geloof, oop te hou vir
vele mense wat onder druk van modernistiese oortuiging eintlik reeds geloof
afgeskryf het.

Hulle meen dat daar veral drie dele aspekte
van Jung se werk was waarna weer gekyk moet word: 

·        
Jung het deurentyd volgehou dat
godsdiens `n wesenlike deel van `n
gesonde selfverstaan
is – selfs toe die stroom in die ander rigting baie
sterk geloop het.

·        
Tweedens meen hulle dat Jung se
konsep van `n plurale psige (di
meervoudige elemente in die self) te rym is met hoe die Bybel praat oor
mens-wees. Die menslike bestaan en psige het dieptes wat nie maklik te peil is
nie.  Baie dikwels dra ons diep spannings
en dualismes in ons gees rond – meer as wat ons sal erken of selfs van weet. Ek
moet erken dat Jung se verstaan van die plurale self op punte baie sin maak.

·        
Derdens glo hulle dat Jung se
beklemtoning van andersheid (nie-ek)
in die self ruimte maak vir geloof en `n verhouding met God.  Jung praat soms van die andersheid as die
Self (met `n hoofletter).  Sommige meen
dat die Self `n naam vir God is, maar Ulanov is openlik daaroor dat dit nie so
verstaan kan
of moet word nie.

Benewens die uitstekende inleidende
hoofstuk is daar ook drie artikels van Ulanov oor Jung se werk en ook `n
waardering geskryf oor Ulanov se werk deur Dueck.

Ek kan
die boekie baie sterk aanbeveel.