{ARGIEF}

Vergaderings op die liturgie van die  braambos

Kerkbode 2003

Frederick Marais

Anthony Robinson skryf in sy boek Transforming Congregational Culture(Eerdemans 2003) dat een van die uitdagings wat gemeentes in die gesig staar is om te skuif van “from democracy to discernment…” Na afloop van die Algemene Sinode in Hartenbos moet ‘n mens sê AMEN  Ek wil graag ‘n paar opmerkings maak oor wat ek geleer het help om ‘n konteks te skep waarbinne die wil van God beter gesoek word wanneer ons besluite neem in die gemeente.

1. Ons moet mooi dink waaroor ons alles besluite neem, en waarvan ons wegskram om besluite te neem.  Ons neem dikwels tien talle klein besluite maar die groter vrae oor waarheeen is die Here met die gemeente oppad, ons roeping, bly onbeantwoord.  Die rede is waarskynlik dat ons die aanvoeling het dat ons nie sommer op ‘n goeie weeksaand in die konsistorie ‘n antwoord gaan kry op die dieper vrae nie.  Dit is die eerste deel van die anderwoord, ons het tyd nodig om die Here te hoor- of soos Habakuk geleeer het, om te wag op die Here. Ons sal moet leer om tyd af te sonder deur onsself af te sonder van al die gemeeentelike sake, sodat ons ‘n antwoord van die Here kan afbid.

2. Onderlinge vertroue speel ook ‘n groot rol.  My ervaring is dat dit moeilik is om geloofsonderskeidend te dink wanneer die mense wat saam dink mekaar nie vertrou nie.  Wanneer daar spanning is onder die gemeente se leierskap moet dit eers reggemaak word deur dinge uit te praat en versoening te kry, voordat ons gereed is om by mekaar te leer. ‘n Mens weet dat hierdie saak reggekom het wanneer mense in vergaderings veilig voel om broos te wees teenoor mekaar.

3. Die een sentrale aktiwiteit in ‘n soeke na God se wil is om te LUISTER.  Ons leer nie by mekaar as die debat oor ‘n saak nie ondersteun word deur ‘n leerbare gesindheid van aktiewe luister nie.  Die gewoonte om eers te bevestig wat ‘n spreker gese het voordat ‘n volgende een praat, maak dinge stadiger, maar aan die ander kant soveel vinniger omdat ons mekaar nie net hoor nie maar ook by mekaar leer.  God is ook in sy liggaam teenwoordig.  Wanneer ons na mekaar luister hoor ons God soveel beter.  Dit is soveeel meer waar wanneer ons bereid raak om te luister na hulle wat uitgeskuif is na die rand van die samelewing, die kinders, vroue, ongeskooldes, bejaardes ens.

4. Ons weet ons kan nie die Here hoor sonder om tyd met die Bybel te spandeer nie.  Ek praat hier nie van ons gebruiklike opening-en-dan-gaan-ons-voort-met-die-vergadering nie.  Ek bedoel ‘n wandel in die Woord waar ons saam God se stem probeer hoor. Ek het geleer dat ‘n mens so die helfte van die tyd van ‘n vergadering hieraan behoort af te staan en dit jy dikwels vir ‘n tyd lank net op een gedeelte fokus sodat dit deel kan raak van jou DNA.  Ek het al dikwels ervaar dat wanneer ‘n kerkraad dit begin doen hulle oopgaan en wegkyk van hulleself.  Die besluite wat uiteindelik geneem word na so ‘n oopstelling in die woord is dikwels radikaal anders as daarvoor. 

5. Eintlik se alles wat ek tot hier gese het, dat ‘n houding van gebedsafhanklikheid onderliggend is.  In gemeentes waar God se wil met passie gesoek word, word daar  baie gebid, individueel maar ook saam.  Dit is eenvoudig so dat lofgebede bv in sang of woorde,  soos CS Lewis gese het, nie God nie maar ons verander.  Tydens lof word prioriteite reggetrek en word ons gereed gemaak om die Koininkryk eerste te soek.

As ons die moed sal he om die orde reelings van ons vergaderings te verander na die liturgie van die braambos, sal meer dinge begin regkom as wat ons ooit kan droom.

Frederick Marais