{ARGIEF}

Versoening kom onverwags wanneer ons gedwing word om te luister
‘n Ervaring van SACLA II

Frederick Marais

Ek het die vorreg gehad om deel te wees van ‘n fasiliteringspan by die Church Leaders Track by SACLA.  Sowat 500 kerkleiers het vir die 4 dae van die konferensie elke dag in kleingroepe gepraat oor die tema’s van Repentance, Unity, Hope en Action.  Die leierspan van die Church Leaders Track het was een van daardie rare maar wonderlike ervarings wat die Here aan ‘n mens gee.  Ons was van verskillende denominasies wat die hele spectrum gedek het, gelei deur ‘n wonderlike nederige dienswillige Dough Howie van die Willow Creak Assosiation.

Ons is na die gebeure van die Donderdag nie heeltemal seker hoe dit gekom het nie maar daardie middag het daar in ‘n wonderlike gebeurtenis plaasgevind.  Die Youth Track het laat weet hulle kom ons besoek- is hulle welkom- natuurlik het ons laat weet en vinnig begin planne beraam hoe ons die besoek die beste kan strukureer.(nou nie date en van ons werklik die illusie gehad het dat daar veel van struktuur sal oorbly nie)

Nadat ons gesing en gedans het-daar was net te veel energie om stilt e staan- het die leiers van die tieners hulle visie met ons gedeel.  Die groep het so twee-twee by tafels gaan sit met die volgende opdrag:
Die tieners kry geleentheid om met die kerkleiers te praat.  Die kerkleiers moet stilbly en luister en mag eers se hoe hulle oor sake voel wanneer hulle in paraphrase vorm vir die kinders terug gese het wat hulle gehoor het.  Die afspraak was duidelik die kerkleiers mag eers praat waneer die tieners te kenne gegee het- Jy het my reg gehoor!

Ons is almal omkant gevang deur dit wat in die vongende 45min gebeur het.  Ons vrese dat die tieners nie die vrymoedigheid sal he om te praat nie was ongegrond.  Hulle het in baie gevalle hulle harte uitgestort- baie het gese- dit is die eerste keer dat ‘n leier van ‘n kerk of gemeente na my luister-dankie.  Ons was verras oor wat hulle gese het, oor die diep wantroue wat daar teenoor kerkleiers is.  Julle is predikante omdat julle betaal word en julle die mag geniet-was een se reaksie.  Julle luister nooit na ons nie, ons moet altyd na julle luister.  Die consensus uit die groep was: Ons soek leiers met integriteit!!!

Die kerkleiers se reaksie het ons ook verras.  Baie was ontsettend diep geraak deur wat die kinders te se gehad het.  Ons was almal verrras deur die diepte van die emosie wat die gebeure in ons los gemaak het.  Twee generasies het mekaar ontmoet omdat die praters vir ‘n slag moes stilbly en luister en die wat altyd moes luister kon praat.  Jongmense wat dalk mishandel is deur ouer mense kon in ‘n veilige ruimte praat sonder om skaam te wees.  Groot mense wat jammer is oor wat ons alles aan kinders gedoen het kon dit van hulle harte af kry.  Vir ‘n oomblik is ons gedwing om uit die apnormale generasie bendes waarin die samelewing en die kerk ons druk te breek en he tons familie geword.  Wit en swart, man en vrou, oud en jonk.

Die kerkleiers het aanvanklik gesukkel om te luister- ons moes soms tot drie keer parafraseer voordat die tieners gevoel he tons verstaan hulle.  Daar was slefs ‘n paar vir wie dit te swaar was en eenvoudig geloop het.  Ander moes ons oortuig dat hulle neet vir die een keer moet luister sonder om te korrigeer of te onderbreek.  Die tieners se dankbaarheid dat hulle ‘n slag kon praat het ons skaam gemaak, is die kloof tussen leiers en kinders in die kerk dan so groot? Het ekmyself afgevra en dadelik besef dit is so

Nou wonder ek hoeveel van die kerkleiers sal die moed he om in hulle gemeentes en ringe en sinodes kinders toe te laat om te praat?  As ek terugdink aan die diepe emosies wat los gekom het aan die hoop wat so tussen ons gegroei het- hoop ek baie sal dit doen. Ons hou mo seen keer ‘n kwartaal kerkraadsvergadering- dit is nou as die KO nie al weer verander het vandat ek dit laas gelees het nie.