{ARGIEF}

Walton, John, H. Ancient Near Eastern Thought and the Old Testament: Introducing the Conceptual World of the Hebrew Bible. Walton, John, H. Ancient
Near Eastern Thought and the Old Testament: Introducing the Conceptual World of
the Hebrew Bible. 
2006.  Baker Academic.

Dit is vir baie dekades noual dat die
interpretasie van die Ou Testament baie sterk beinvloed word deur die veelheid
van buite-bybelse geskrifte van Ou Nabye Ooste. Terwyl daar adek geleerdes is
wat meen dat hierdie geskrifte bewys dat die Ou Testament en sy
godsdienssiening nie uniek of besonders is nie, is daar ander geleerdes wat
meen dat hierdie literatuur ons juis kan help om die unieke van die
Joods-Christelike godsdiens beter te verstaan.

In hierdie boek gee `n behoudende Ou
Testamentikus `n oorsig oor hierdie kwessie. 
Hy bespreek al die bronne kortliks en maak dan `n vergelyking van hul
verstaan van godsdiens (oa hul sienings van God, tempel, rituele, familie,
staat, ens) en hul siening van die kosmos (oa kosmologie, ens) en van die menslike
lewe (skepping, geskiedenis, stede, leierskap, wette, die dood, ens).

In die inleiding en eerste hoofstuk
verduidelik Walton sy eie benadering. 
Studie van buite-bybelse materiaal is belangrik en kan ons help om die
geskiedenis, kultuur, mense en die taal van die bybelse tye beter te verstaan
maar kan nie `n finale woord spreek oor die openbaringsaard van die OT nie.