{ARGIEF}

Die artikel is op 2010-03-13  in Beeld gepubliseer

 Vyf-en-twing jaar gelede het die teoloog David Bosch twaalf stellings gemaak wat baie mense in die Afrikaanse kerke die harnas in gejaag het. Neels Els kyk na dié stellings in die lig van die situasie sedertdien.

Die afgelope tyd is ons weer bewus gemaak van die geweldige omvang van oud-pres. F.W. de Klerk se aankondiging van
2 Februarie 1990.

Dit was die kulminasie van samesprekings wat al in die 1980’s tussen verskillende rolspelers begin plaasvind het.

Gedurende hierdie tydperk was daar ook in kerklike kringe roeringe. So het sowat 400 kerkleiers van verskillende denominasies in Suid-Afrika van 10 tot 12 September 1985 in Pietermaritzburg bymekaar gekom vir die nasionale inisiatief vir versoening.

 

Die vergadering is deur African Enterprise gereël as gevolg van ’n groeiende besorgdheid oor die toenemende konflik in die land.

Die uitgangspunt was die feit dat meer as 70% van Suid-Afrikaners aangedui het hulle bely op die een of ander manier die Christelike geloof.

Met dit in gedagte behoort die kerk van Christus dus nie net ’n potensiële gemeenskaplike basis nie, maar ook ’n potensiële kommunikasienetwerk daar te stel wat alle ander organisasies in die land in die skadu stel.

By hierdie geleentheid was een van die sprekers wyle prof. David Bosch, wêreldbekende teoloog van Unisa. Hy het ’n toespraak getiteld “Processes of Reconciliation and demands of obedience – Twelve Theses”, gelewer.

Wat hy destyds gesê het, het hom, soos dikwels in die verlede, die argwaan van baie mense in veral die Afrikaanse kerke op die hals gehaal.

As ek vandag weer kyk na wat Bosch in 1985 gesê het, en ek kyk na die gesukkel om te vorder met versoening in Suid-Afrika ná die begin wat die Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK) in 1996 gemaak het, dan wonder ek of hy nie tog reg was nie.

Ek wil kortliks die twaalf stellings noem en by elkeen dan enkele opmerkings daaroor maak (sien verwysings onderaan artikel vir volledige teks).

Lees die volledige artikel hier