{ARGIEF}

Webster, John. Holiness.Webster, John. Holiness.  2003.  Eerdmans. 
116p

John Webster is by die meeste van ons nie
so bekend nie, maar word oorsee gereken as een van die heel bestes jonger
dogmatici.  Hy is `n Anglikaan wat
uitstekende werk oor Barth gedoen het (oa drie boeke) en homself waarskynlik as
gereformeerd sal tipeer. 

Holiness bevat vier gaslesings wat hy in Fort Worth, Texas
gehou het rondom die konsep van heiligheid. 
Die lesings handel onderskeidelik oor die heiligheid van die teologie,
van God, van die kerk en van die gelowige. 

Baie diepsinnig op plekke, maar nie die
maklikste leesstof nie.