{ARGIEF}

Wilson, J.R. A Primer for Christian Doctrine.Wilson,
J.R. A Primer for Christian Doctrine. 
Eerdmans. 2005

Om die kern van die Christelike geloof op
`n positiewe en verantwoordelike manier weer te gee binne die bestek van 100 bladye,
het ek  nog altyd gedink, is veel moeilik
as om dit te doen binne die bestek van `n 1000 bladsye. Jonathan Wilson kry dit
in die boekie redelik goed reg.  Ek was
veral beïndruk met die manier waarop hy getrouheid aan die tradisie en
relevansie vir `n eietydse problematiek deurentyd bymekaar probeer hou. 

 

Wilson se indeling het my geïnteresseer. 
Hy wyk af van die gewone orde van Protestantse dogmatieke en behandel
eers die Triniteit – Godsleer, Christologie en Pnumatologie en kom dan by ander
temas van skepping, die mens, sonde, verlossing, die kerk en einde.