{ARGIEF}

Die opskrif hierbo is my vertaling van die titel van ‘n boek: “The Crucifixtion of Ministry” geskryf deur die teoloog, Andrew Purves. Die aanleiding tot die boek is sy besef dat ons (predikante) se bediening soms twee ernstige nadelige gevolge kan hê. Die een is dat met ons beste bedoelinge ons pogings en planne en perspektiewe mense kan verhinder om Jesus Christus raak te sien. Ons is as’t ware in die pad van die evangelie. Meer spesifiek, in die pad van Jesus Christus. Die ander, wat ‘n direkte gevolg hiervan is, is dat ons kan “uitbrand”. Ons buig onder die druk daarvan om meer relevant te wees. Ons wil goeie dominees wees, wat ons soms ongelukkig vertaal as ‘besige’ dominees. Die oplossing sê Purves is om die bediening nie te sien as my bediening nie, maar as Jesus se voortgaande bediening waaraan ek deel het. Mense wil/moet eintlik Jesus sien en nie vir my nie. Ons werk is om heen te wys en getuie te wees daarvan dat dit Hy is wat nog steeds vergewe en nuutmaak en lewe gee.
Op die vraag ‘hoe’ kan ek daaraan dink dat ons onsself voortdurend moet afvra waar en hoe God betrokke is en daarby inval.
Maar, daar is sekerlik veel meer antwoorde en daarmee moet ons mekaar help.