{ARGIEF}

Quintus Heine

Quintus het by Unisa, Kovsies en Maties teologie gestudeer,is getroud met Riélle en het twee dogters Gardielle en Karli.
Hy was vir 24 jaar predikant in vier verskillende gemeentes voordat die Here hom geroep het om by die  Bybelgenootskap van SA betrokke te raak. Hy is egter steeds aan Parke gemeente verbonde.
Hy is lief vir o.a. die buitelewe, teater, musiek, boeke  en om na interessante plekke te reis. Sy passie is om ‘n verskil te maak en elke dag saam met sy gesin die genade van God te bewonder.

 

Met hierdie Gebed – en Spiritualiteitssblog, probeer hy nadenke oor die gelowige se gebedslewe en sy wandel voor God aanmoedig. As daar een saak is waar sonder geen kind van die Here kan leef nie, is dit gebed. Gebed en spiritualiteit omvat jou hele lewenswandel voor die Here. Dit is Quintus se gebed dat die blog mense sal motiveer om nie net na te dink oor hulle gebedswandel voor die Here nie, maar dat dit sal bydrae om ʼn lewende gebedskultuur in gemeentes en in gelowiges se lewens te vestig!

 

Quintus Heine kan gekontak word by quintus@heine.co.za