{ARGIEF}

Prediking (Tweetalige aanbieding) [VBO 21]

Kontak Chrisna van der Merwe by: 021-808 3624; cmer@sun.ac.za

Laai inskrywingsvorm af

Aanbieders: Johan Cilliers en ander
Datum: 23 – 25 Maart 2010
Plek: Stellenbosch


Tema en doel: 
Prediking kan maklik in ‘n niksseggende roetine ontaard, ‘n meganiese onderdeel van die erediens, uitgevoer deur ‘n kerklike funksionaris. Baie mense bevraagteken in elk geval die sinvolheid daarvan in die tyd waarin ons leef. Kan die prediking werklik (nog) ‘n verskil maak in ‘n era van verskuiwende paradigmas en veranderende samelewings? Is die dae van prediking en (groot) predikers verby? Of moet die (vorm van die) prediking dalk drasties verander word? Het die prediking nog (profetiese) potensiaal vir ‘n Suid-Afrikaanse samelewing wat skynbaar al hoe meer op losse skroewe staan? In die gereformeerde tradisie is die prediking aan die ander kant wel nog vir baie mense belangrik en sentraal, selfs die hart van die kerk, soos Luther beweer het. Hoe moet ons hierdie hart, vandag, hoor klop? Tydens hierdie kursus staan ons dus stil by die vraag: Hoe moet daar in Suid-Afrika, vandag, gepreek word?
Inhoud:  Tydens die kursus staan ons onder andere stil by die volgende sake:

• Hoe het jy by die laaste preek wat jy gepreek het, uitgekom?
• Watter prosesse en ervarings het daarop ingespeel? Wat het jou gehelp, en waarom?
• Wat dink jy doen jy as jy preek?
• Watter preke het ‘n indruk op jou gemaak, en waarom?
• Deel van eie preekervarings
• Bewegings van teks na preek: modelle, moontlikhede, misverstande…
• Die rol van kreatiwiteit en kontekstualiteit
• Watter soort (profetiese) preke moet ons tans in Suid-Afrika preek?
• Nadenke/gesprekke oor die leesrooster-teks vir die komende Sondag

Uitkomste: 
Dat predikers hopelik tydens die kursus nuwe energie sal ontvang vir die proses van preekmaak, met ‘n nuwe visie op die uitdagings van die Suid-Afrikaanse konteks. Dat, in samehang hiermee, ‘n nuwe integrasie van (goeie) teorie en (verantwoordelike) praktyk gevind sal word.